Malan Koster se dood het kykers stomgeslaan, en vir At is dit ’n bitter pil om te sluk. Malan, wat vroeër die maand uit Londen teruggekeer het, se tragiese dood kan aan sy pa se dade en Leon se mislukte wraakplan toegeskryf word.
Vandeesweek word Leon se lot bepaal.
Verder jaag ’n bakkie, versekering en ’n vriendskap verskeie bloeddrukke in die Ferreira-huishouding op, en Wimpie bied ’n oplossing.
Herman en Gustav se vete duur voor, en lei tot ’n skok-besluit. Jana probeer uitvind wat by die myn gebeur het, en Herman is ongelukkig met haar reaksie op sy besluit.
Nick word voor stok gekry oor Zadie en wanneer sy later ’n aankondiging maak, word sy behoorlik deur Naomi ondervra.