Logo
Binnelanders Slim Homepage 1600x160
web uni tv guide

Binnelanders

144Drama13

Binnelanders: Legende binnekort in die gange

Nuus
07 Julie 2015
Hierdie week verwelkom Binnelanders Gavin van den Berg, ’n legende bekend vir sy rol in Ballade vir ’n Enkeling, op die stel.
ep1126-3
Hierdie week word ’n legende op die stel van Binnelanders verwelkom. Gavin van den Berg, ’n veteraan-akteur, bekend vir sy rol in die TV-reeks van die 1980’s Ballade vir ’n Enkeling, vertolk die rol van Roelf Meyer, ’n eks-speurder op mediese parool wat deur ’n persoonlike tragedie gaan.

Hy was onlangs in die Leon van Nierop-fliek Ballade vir ’n Enkeling te sien, en het sedert sy vertolking van Jacques Rynhard in 1980 nooit ophou toneelspeel nie. Gavin het onder meer in die TV-reekse Amalia, Charlie Jade en Plek van die Vleisvreters verskyn.

Gavin is vandeesweek te sien in die Binneland Kliniek se gange.

Kyk die eksklusiewe video hier.