Logo
Die brug S1 Slim BB

Waarmee bou jy nou eintlik mee ‘n brug? – Die brug

Nuus
05 Desember 2023
Wat weet die spelers omtrent die gereedskap om ‘n brug te bou? Lees meer en vind uit!
Die brug

Op Die brug  sien ons hoe die spelers swoeg om ‘n brug met hulle kaal hande en ‘n paar stukkies gereedskap, te bou.

Kykers sien vanaf episode twee hoe die spelers besig raak met die volgende gereedskap: sae, byle, toue, handskoene, 'n handboor, boomstompe, en hamers.

Later kry die spelers nog gereedskap: dryfkanne wat help met die buoyancy van die vlotte, 'n blueprint ('n plan) wat presies wys hoe die brug gebou moet word, en hulle bou 'n wa wat help om die hout stompe te dra vanuit die bos na die Houthuis.

Hoewel dit blyk dat die spelers nie spykers het nie, is dit ook 'n opsie wat hulle kon gekies het.

Ander gereedskap wat jy benodig indien jy self 'n brug wil bou, sluit in boute en moere wat help om die hout vas te hou, 'n speed-square om lyne te merk, en silicon waterproofing wat help om die struktuur bymekaar en sterk te hou, volgens die DIY webblad Ron Hazelton.

As die spelers nou nie op ‘n televisie-reeks was waar die gereedskap reeds vooruit gesit is nie, wat sou hulle eerder wil hê om ‘n brug te bou?

kykNET se digitale span het gaan hoor wat sê sommige van die spelers hieroor.

Larry: Ek is ‘n bosbouer van beroep, so bome ken ek! Die eerste ding is ‘n kragsaag.

Iana: Die ideale tool om ‘n brug mee te bou? Vrek, ek ken nie rêrig tools nie! Ek dink my hande is die beste tool wat ek kan gebruik. Ek ken nie tools nie! (Lag) 

Sam: Dalk eerder bamboo as hout.

Tina: Ek het planke nodig. Ek het spykers nodig. Ek het ‘n boor nodig.

Nonnie: Miskien ‘n bietjie meer masjiene wat met elektrisiteit gewerk het…

William: Definitief ‘n bietjie meer moderne tools; die tools wat ons gebruik het (op Die brug) was baie oudtyds gewees, jy weet, soos alles met die hand en goeters. Maar, nog steeds was dit ‘n wonderlike ervaring om met al daai tools ook te werk. Dit het my soveel verryk. 

Jamie: In die ideale wêreld sou ek ‘n robot wou gehad het wat als kon gebou het! (Lag)

Skakel elke Donderdag om 20:00 in op kykNET, kanaal 144 vir Die brug en gesels saam op FacebookXInstagram en TikTok deur die hutsmerk, #DieBrug te gebruik.