Logo
Arendsvlei S5 Slim BB
web uni tv guide

Arendsvlei

145Telenovela13

Vele harte gaan brand in Afrikaanse sepies in Februarie-maand

Nuus
01 Februarie 2023
Wie se liefde gaan opvlam hierdie maand, en wie se vingers gaan brand?
sepie hoogtepunte

Binnelanders

Soekie maak ’n paar mense kwaad en wil die pad vat, maar sy word gekeer. Gaan sy weet wat om te doen?

Steve besef sy liefdeslewe is ’n gemors, en Genevieve het ’n nuwe prooi in haar visier wanneer sy besef sy is naby daaraan om uitgevang te word – maar sy word uiteindelik vir ’n ses geslaan. Annelize kry die skok van haar lewe wanneer ’n onverwagse besoeker by haar woonstel opdaag.

At se planne tree in werking, en Naomi begin wonder of sy ’n geheime bewonderaar het. Steve en Annelize roep Ewa se hulp in, en Jacques deel nuus oor Soekie… ’n Groot aand breek vir Bonnie aan, en Tracy ontvang ’n interessante geskenk.

Binnelanders is weeksdae om 19:30 op kykNET (DStv-kanaal 144).

Diepe Waters

Februarie is 'n maand van toetse in Diepe Waters wanneer die kollig op Johan val, en Anja uiteindelik die waarheid van haar verlede vierkantig in die gesig moet staar. Zelda dop ook  'n toets wanneer Pam se nuuskierigheid haar lei tot by die waarheid - en 'n woedende Pam is 'n ander tipe meisie as die een wat ons leer ken het.

Karla lees Lydia se brief wat sy vir Anja geskryf het, en maak 'n ontdekking wat skokgolwe deur die verskillende (en reeds sensitiewe) verhoudings in Rossouw se huishouding stuur. Maar terwyl Anja en Rossouw die demone van hul verlede moet trotseer, is Johan besig om 'n perd van 'n ander kleur op te saal wanneer hy die plesier van poeiers ontdek...

Ongelukkig vir Johan is daar 'n dwelmtoets by die swemklub na 'n baie groot gala, en Johan se aksies gaan vir lank nog by hom spook oor watter tipe mens hy nou eintlik is - 'n vraag wat ook by Rossouw gaan spook. Arme Sanet probeer haar beste om die drankduiwel te begrawe, maar 'n vaderskaptoets gaan dinge net soveel meer kompliseer.

Zelda se plannetjies om Pam uit haar pad te hou gaan in haar gesig ontplof wanneer Pam se soeke na die waarheid haar lei na die regte waarheid - en selfs nie eers Bybie se inmengery gaan haar van stryk bring nie.

Diepe Waters is Maandae tot Donderdae om 18:30 op kykNET (DStv-kanaal 144). 

Suidooster

In die maand van liefde doen Kupido omtrent sy rondtes in Ruiterbosch, terwyl ander se harte gebreek word.

Dit begin al hoe meer lyk of daar meer as net ’n werksverhouding tussen Ruiterbosch se rowwe diamant Nazeem en die JPD Eiendome se kroonprinses Zoë is… Dit voorspel net moeilikheid, want sy is immers ’n getroude vrou en dan is daar die kwessie van Bridgette se openlike haat vir Nzaeem.

Bennie en Linda se verhouding beweeg na die volgende vlak en Bennie moet gewoond raak aan groot veranderinge ter wille van ’n toekoms saam met Linda. Rhafiek en Kaashifa is ook by ’n vurk in die pad, is dit finaal verby of is daar hoop vir die jong getroudes? Almal verdien immers ’n tweede kans… En dit is presies wat Wade ook vir Angie wil gee. Dit is egter nie maanskyn en rose vir dié twee nie, want dit is nie altyd net ’n kwessie van vergewe en vergeet nie.

En net voor die somer sy asem in Ruiterbosch uitblaas, en die herfsblare begin val, daag ’n ou bekende in Ruiterbosch op wie niemand ooit gedink het ’n terugkeer kan maak nie…

Suidooster is weeksdae om 18:00 op kykNET (DStv-kanaal 144) en kykNET & kie (DStv-kanaal 145).

Arendsvlei

Nie net is daar drama soos altyd in die Vlei nie, maar kykers ontmoet ook nuwe gesigte! Ons ontmoet Cherry, die leerder wat verlede jaar die beurs by Hoërskool Arendsvlei gekry het, se ma, Ivy (Octavia Messenheimer). Ivy word ook aangestel as ’n onderwyser by die skool. Nóg iemand wat moontlik aangestel word is Anthony (Terence Bridgett).

Die Cupido’s het sy vrou, Rachel (Kim Syster), ontmoet en dié twee spring vinnig weg met hulle plan. Maar dit sal eers gebeur as Gertie, Thys en Beatrice ooreensteem om Anthony se aansoek te oorweeg. Maar wat gaan die beheerraad sê as hulle uitvind Anthony is Thys en Beatrice se broer, veral as hulle uitvind sy het dit opsetlik weggesteek?

Nóg ’n nuweling is JP (Anzio September) wat ogies maak vir Yvette (Charlene le Roux). Yvette is eers uit die veld geslaan omdat ’n jonger man vir haar ogies maak, maar tog besluit sy later die maand sy wil dit ’n kans gee. Maar dis alles wat Ruby en Hein verwag het. Dié twee is so smoorverlief, hulle gee nie om wat enige iemand sê nie. Net jammer JP is nie wie hy sê hy is nie…

Met al die drama is daar ook ’n hartseer ongeluk wat plaasvind. En natuurlik is Emile (Christan Bennett) betrokke. Omdat hy so baie van Janice (Crystal Donna Roberts) hou, maak hy dit sy prioriteit om naby Ayesha (Megan Saayman) te kom. Langes (Bobby Stuurman) kan dit nie verdra nie, want hy vertrou Emile glad nie, maar dit keer Ayesha nie om vir Emile ophou te sien nie.

Emile dink ’n afskuwelike plan uit en dit laat die Foster-familie stukkend. Niemand weet natuurlik dat Emile iets daarmee te doen het nie. Maar sal Langes uitvind en dit kan bewys?

Arendsvlei is weeksdae om 19:30 op kykNET & kie (DStv-kanaal 145).

Onthou om weeksaande in te skakel vir jou gunsteling kykNET-sepie en ons saam te gesels op FacebookTwitter en Instagram deur die hutsmerke #DiepeWaters, #Arendsvlei, #Suidooster en #Binnelanders te gebruik.