Logo

SuperSkouspel tref musiekwinkels

Nuus
23 Februarie 2016
SuperSkouspel 2015 – ’n Afrikaanse musiek-extravaganza soos wat die land nog nooit gesien het nie – is nou op CD en DVD te koop.
SuperSkouspel 2015 – ’n Afrikaanse musiek-extravaganza soos wat die land nog nooit gesien het nie – is nou op CD en DVD te koop.

Kyk hier na die hoogtepunte-video.

SuperSkouspel het op 19 September 2015 in die FNB-stadion in Soweto, Johannesburg, plaasgevind.

Ons gee 10 CD’s en DVD’s van SuperSkouspel 2015 weg! Klik hier om in te skryf.

34 superskouspel emo adams


Met ikone soos David Kramer en Leon Schuster en Skouspel-gunstelinge soos Kurt Darren, Nádine, Die Heuwels Fantasties, Karen Zoid, Francois van Coke, Adam Tas, Emo Adams, Louis Loock, Andriëtte en ADAM; gewilde kunstenaars soos Joshua na die Reën, Magdalene Minaar, Twee, Bittereinder, Hemelbesem en Vicky Sampson en optredes deur groepe Mango Groove en Freshlyground in ’n groot stadion onder die sterre, is dit die grootste Skouspel ooit!



Kyk hier na die foto’s.

34 superskouspel cd


Kry dit nóú by die naaste Musica, Checkers, Music 4 U, Top CD, Music Moods en ander rakke om die draai van jou af.