Logo

Saterdagaand-vermaak op kykNET in Mei

Nuus
03 Mei 2022
Hier is waarna jy kan uitsien.
Flieks kykNET 2

Kykers kan uitsien na heerlike fliekvermaak op kykNET in Mei. Ons skop die maand af met die bekroonde fliek, Kaalgat Karel, op Saterdag 7 Mei 20:00, gevolg deur n rits lekkerlag komedies.

Splinternuwe fliek op kykNET

  • Kaalgat Karel
    Saterdag 7 Mei 20:00

    Met Francois Jacobs, Christia Visser, Eden Classens, Siv Ngesi, Tracey-Lee Oliver, Rosebelle Clasen en Schalk Bezuidenhout

    Kaalgat Karel vertel die storie van Karel Venter (Francois Jacobs), ’n dertigjarige kaalnaeler, wat die opwinding en aandag wat hy by sportgeleenthede kry geniet! Hy raak halsoorkop verlief op die paramedikus en enkelma, Rita (Christia Visser) wat hom behandel nadat ’n kaalnaelsessie skeefloop, maar dit is duidelik dat sy glad nie belangstel in sy bedrywighede nie.

    Kyk die lokprent hier onder:

 

Storiefilms op kykNET

  • Mal
    Saterdag 14 Mei 20:00
    Met Charlie Bouguenon en Lizz Meiring

    As ’n suksesvolle sielkundige het Brink du Toit alles wat in sy guns tel om dinge vir hom te maak werk. Op ’n dag begin dit als egter uitrafel wanneer ’n geheim uit sy verlede dreig om dit waarvoor hy gewerk het te vernietig. Die verlede is partykeer egter maller as wat jy wil onthou, en Brink is een ou wat graag sal wil vergeet hoekom hy nooit eerder ’n bekende rugbyspeler geword het nie.

    Kyk die lokprent hier onder:

     
  • Party kry ’n naweek
    Saterdag 21 Mei 20:00
    Met Esmeralda Bihl en Mari Molefe-van Heerden

    Shirley luister na haar dogter se boodskap. Die produksie is gekanselleer, die fondse weg. R300 miljoen het skielik verdwyn. Intussen kry die land se ministers binnekort ’n salarisverhoging. Shirley weet wat om te doen.

    Kyk die lokprent hier onder:

     
  • Halwe ton dinamiet
    Saterdag 28 Mei 20:00

    Met Deon Lotz en Daneel van der Walt

    Skyfies van der Schyff se hart klop buskruit. Hy was een van die beste bom-spesialiste wat die Transvaalse mynwêreld nog ooit gesien het. 'n Man waarop sy vrou en dogter trots kon wees. Waar daar goud is, is daar skelms. Die Van der Schyff gesin se toekoms word in onsekerheid gedompel wanneer bankrotskap en tragedie die familie tref. Skyfies is gedetermineerd om sy gesin uit wanhoop te red. Hy sal selfs sy integriteit prysgee om vir hulle geluk te veg.

    Kyk die lokprent hier onder: