Logo
web uni tv guide

Sê Jou Sê

145Geselsprogram13 L

Roer! en Sê Jou Sê terug op kykNET&kie met hope drama en vermaak

Nuus
05 April 2023
Nóg eksklusiewe plaaslike vermaak vir kykNET&kie kykers begin hierdie naweek.
Roer

Splinternuwe seisoene van twee immergewilde reekse maak hulle terugkeer na kykNET&kie hierdie naweek. In die tweede seisoen van die nuwe Roer! formaat gaan die aanbieder Alfred Adriaan verskeie bekendes in die kombuis verwelkom en daar gaan wéér vir die eerste span gekook word.

Alfred, ’n gewilde komediant en sosiale media-persoonlikheid, het as aanbieder van Roer! reeds diep in kykers se harte gekruip en hierdie keer gaan dit beslis nie anders wees nie.

Van die gaste wat saam met hom in die kombuis gaan wees, sluit in die aktrises Carmen Maarman, Crystal-Donna Roberts en Jill Levenberg asook die komediant Shimmy Isaacs, die akteurs Cantona James en Anzio September en die sanger en vermaakmeester Loukmaan Adams.

Sê jou sê is ook terug vir nog ’n reeks. Dit het voorheen kykers warm onder die kraag gehad en die nuwe seisoen gaan weer nie doekies omdraai nie. Die Kaapse omroeper Aden Thomas is weer die aanbieder met joernalis Chrislynn Sias as veldaanbieder.

“Ons bekyk meer in-diepte kwessies wat ons gemeenskappe raak – familie verskille, identiteit en stereotipiese retoriek wat afgebreek moet word,” sê Thomas.

Van die kwessies wat bespreek op Sê jou sê bespreek gaan word, is gay mans wat vroue vra om te trou en kinders wat geheime vir hulle ouers wegsteek. Daar word ook gekyk na naamlyste wat versprei word wat mense van vreeslike dinge beskuldig en swendelaars wat in die eiendomsmark werk.

“Hierdie seisoen kan kykers ’n verskeidenheid van onderwerpe verwag – van prostitusie tot families wat versoen en meer. Daar is iets waarby almal aanklank kan vind,” voeg Sias by.

Alle moontlike stories kan steeds aan 073 653 7052 gestuur word.

Roer! begin op Vrydag 7 April om 19:30 en Sê jou sê op Saterdag 8 April om 19:30 op kykNET&kie, DStv-kanaal 145.