Logo
Hier gaan ons alweer
web uni tv guide

Hier Gaan Ons Alweer

144HengelprogramPG

Petri de Wet terug met plaaslike hengel-avonture in Hier gaan ons alweer

Nuus
28 September 2023
Die splinternuwe seisoen van die gewilde hengelprogram, Hier gaan ons alweer, met aanbieder Petri de Wet, is terug vanaf Saterdag 7 Oktober om 18:00 op kykNET (DStv-kanaal 144).
Hier gaan ons alweer

In 22ste seisoen hengel Petri en sy gashengelaars slegs plaaslik in verskeie vars- en soutwater bronne. Die seisoen skop af in die Oos-Kaap waar die span groot forelle hengel en daarna jag hulle groter visse rondom Gauteng.

“Al byt die visse nie, dis altyd beter by die water. So lig jou boude en gaan geniet dit,” sê Petri.



Daarby kompeteer strandhengelaars teen meerhengelaars om die grootste eetvisse te vang. Gashengelaars sluit in Gilbert Foxcroft, Schalk van Breda, Werner Lubbe, Vivian Torlage en Thinus van Staden.

Die seisoen skop af met iets nuuts vir die kykers wat nog nie in die vorige 21 seisoen gewys is nie – ’n verrassing soos nog nooit tevore. Soos oudergewoonte, reis die span in 4x4 voertuie met hul Conqueror boswaens.

Soutwatervisse word van die Oos-Kaap tot die Wes-Kaap gehengel vir groot eetvisse. Die borg van Hier gaan ons alweer is All Out Angling.



“Daar is beslis paar oopmond oomblikke in hierdie nuwe seisoen wat kykers op die rand van hul stoele gaan hou. Daar is groot eetvisse gevang en dis beslis nie iets wat enigiemand wil mis nie,” sê hy.

Petri glo dat die laaste paar maande van die jaar is die perfekte tyd om Hier gaan ons alweer te kyk en nuwe wenke te kry vir kykers se persoonlike vakansie avonture.

Hier gaan ons alweer begin Saterdag 7 Oktober om 18:00 op kykNET, DStv-kanaal 144.