Logo
Kokkedoor Vuur & Vlam
web uni tv guide

Kokkedoor: Vuur en Vlam

144Realiteit13 L

Nasionale disse – Kokkedoor Vuur & Vlam

Nuus
01 September 2023
Vind meer uit oor ses lande se gewildste geregte!
Kokkedoor Vuur & Vlam

Die Kinkel-en Onthoubraaiers moes hierdie week bietjie wegbeweeg van Suid-Afrikaanse gunstelinge en in hulle spanne ses verskillende lande verteenwoordig met hulle kos. Ons het gevolglik meer gaan uitvind oor hierdie lande se mees geliefde disse!

Frankryk – Pot-au-Feu

Frankryk is bekend vir allerhande kossoorte soos croissants, ratatouille, crepes en veel meer! Die pot-au-feu, of “pot op die vuur”, is egter nie net Frankryk se nasionale dis nie, maar die geskiedenis van die gereg strek meer as vyf eeue. Hierdie potjie bevat gewoonlik bees vleis sowel as wortels, kool, uie, oxtail vir die aftreksel, swart peper, neutmuskaat, naeltjies en meer. Daar is egter geen vaste resep of bestanddele wat altyd deel moet wees van die dis nie.

Ierland – Irish Stew

’n Potjie met ’n egte Ierse “twist”. Die bredie word gewoonlik voorberei met lam, aartappels, groente van jou keuse (of wat beskikbaar is) en natuurlik ’n bietjie Guinness.

Skotland – Haggis

Haggis is definitief nie vir almal nie, maar dié dis is meer as ses eeue oud en ’n belangrike deel van Skotland se kultuur. Dit word gewoonlik gemaak met skaap afval, uie, hawermout, suet (versadigde vet) en aftreksel. Die mengsel word dan in ’n skaap se maag gesit en word bedien met aartappels en ’n whisky sous.

Australië – Meat Pie

Eenvoudig en onvergeetlik. Wie kan nee sê vir ’n lekker pastei? Hierdie klein pasteitjies word gewoonlik gemaak met maalvleis, “gravy”, uie, knoffel, aartappels, ertjies en sampioene.

Argentinië – Asado

Suid-Afrikaners het braai, Argentyne het Asado. Net soos ’n braai is Asoda nie net oor die kos nie, maar die kuier om die vuur. Net soos in ons land sal die braaier, of in dié geval die asador, verskillende tipes vleis op die vuur gaar maak en bedien saam met verskeie bykosse en rooi wyn.

Namibië – Vleis en pap

Ons verskil nie veel van ons bure as dit kom by kos nie! Vleis en pap is nie net ’n stapel in Namibië nie, maar dit is ook hulle nasionale dis. Namibiërs voeg egter gereeld vis en gebraaide kool by en in die Noorde van dié land word die pap gemaak met Manna (Pearl millet).

Skakel elke Donderdag om 20:00 in vir #KokkedoorVuurVlam en gesels saam op Facebook, Twitter en Instagram.