Logo
Kokkedoor Vuur & Vlam
web uni tv guide

Kokkedoor: Vuur en Vlam

144Realiteit13 L

Kinkelbraaiers gesels oor disse wat jou hart sal steel – Kokkedoor Vuur & Vlam

Nuus
13 Oktober 2023
Wat is die spesiale resep wat Kokkedore uithaal om iemand se hart sag te maak? Ons vind uit!
food images

Die afgelope paar weke op die Kokkedoor Vuur & Vlam-reeks het gewys hoe deelnemers nie net beste voetjie moes voorsit om die beoordelaars te beïndruk nie; hulle moes ook vir gaste, waarvan hul familielede (op episode 12) was, wys hoe hulle dinge doen in die Kokkedoor-kombuis.

kykNET se digitale span het 'n paar Kokkedore – die Kinkelbraaiers – genader om te hoor hoe hulle dinge in hul eie kombuis doen. Twee belangrike vrae is gevra:

  1. Wat is beste dis wat elkeen van hulle gemaak het om iemand mee te beïndruk?
  2. Wat is die geheime bestanddeel wat enige dis beter sal laat proe?

Gert Joubert

  1. Ek sal sê beslis 'n beef bourguignon met 'n lekker black truffle mash.
  2. Botter en room, maar die beste een is liefde.

Ashley Dokter

  1. My beetslaai gereggie.
  2. Liefde beslis... Anders net sout [lag]. 

Borries Bornman

  1. Elke ene waar iemand sê dit was vir hulle die beste en lekkerste ervaring nog.
  2. MSG Sout en suiker. Dan respek vir tegnieke en oefening.

Braam Potgieter

  1. Pasta al luicila. Pasta met fye, prosciutto, chillies, basil en parmesan.
  2. ‘n Goeie fermented sous soos miso, soy sauce of gochujang.

Cindy Menigo

  1. Dood eenvoudig: Vars suurdeeg brood en my eie bokkombotter.
  2. Sout, maar kom ons wees romanties en sê liefde en geduld!

Kevin Reed

  1. Sampioen risotto
  2. Suurlemoensap

Lara van Heerden

  1. Slow-roasted varknek, geroosterde groente, gebakte aartappels en vars gebakte mosbolletjies. En 'n wortelkoek vir nagereg – dit bly altyd ‘n treffer!
  2. Maldon sout (selfs in nageregte)! Maar definitief ook die tyd en liefde wat jy in sit om jou dis voor te berei.

Mandre Campher

  1. 'n Avo op 'n toast
  2. Vleis

Natalie Erasmus 

  1. Ek is baie lief vir bak en het 'n verjaarsdag Delft koek vir iemand gebak.
  2. Sout

Tjaart Prinsloo

  1. 'n Somervleis braaibroodjie. Dit bevat net vegatariese komponente.
  2. Suurlemoensap

Maak seker jy skakel in vir “Kokkedoor Vuur & Vlam” op Donderdae om 20:00 op DStv-kanaal 144, of stroom die episodes op DStv Stream.