Logo
Kokkedoor Vuur & Vlam
web uni tv guide

Kokkedoor: Vuur en Vlam

144Realiteit13 L

Kombuis-karakters – Kokkedoor Vuur & Vlam

Nuus
20 Oktober 2023
Watter tipe kok is jy?
Kokkedoor Vuur & Vlam

Mandre – Die kreatiewe kok

Mandre se grootste sterkpunt en op tye ook sy grootste swakpunt in die kompetisie was sy kreatiwiteit. Dié braaier is mal daaroor om kos op unieke maniere voor te sit en smake bymekaar te sit wat nie noodwendig natuurlik bymekaar pas nie. Hulle sê jy eet met jou oë voordat jy die kos kan proe en dit is waar dié kreatiewe kok uitblink.

Anel – Die leier

As Anel praat, dan luister jy. Hierdie Onthoubraaier kom dalk soms “bossy” voor, maar partykeer is dit nodig dat iemand leiding neem in die kombuis en seker maak dat alles gedoen word soos dit moet, veral wanneer dinge besig is om skeef te loop.

Nate – Die kalm kok

Die kombuis kan soms ’n chaotiese plek wees en kalm energie in hierdie situasies kan ’n groot verskil maak. Nate se ongelooflike gawe om gefokus te bly en ook homself te geniet maak nie saak hoe die braai verloop nie is ’n groot rede vir sy sukses op #KokkedoorVuurVlam.

Bertus – Die grapkas

Wanneer die stres van die kombuis begin opvang met jou kan iemand soos Bertus vinnig weer jou gemoed lig! Dié Onthoubraaier weet altyd hoe om sy spanmaat te laat lag en wanneer jy braai met ’n glimlag op jou gesig maak jy “magic” in die kombuis.

Cindy – Die bakker

Baie sjefs verkies om heerlike soetgoed te maak om na die maaltyd te geniet. Nagereg is egter die laaste ding wat jy eet voordat jy die tafel verlaat en dus die gereg wat jy die duidelikste gaan onthou.

Tjaart ­– Die vegetariese kok

Sjefs wat sonder vleis kosmaak moet hard werk om groot smake in hulle kos te kry en Tjaart is briljant hiermee! Hierdie Kinkelbraaier het alle vegetariërs met trots verteenwoordig en gewys dat jy ’n braai kan geniet sonder om met vleis te werk.

Kevin – Die “superchef”

Niemand kan byhou met Kevin se “knife skills” nie! Hierdie Kinkelbraaier het ons deur die loop van die reeks keer op keer beïndruk met sy besonderse tegniek in die kombuis. Kalmte is dalk nie sy sterkpunt nie, maar Kevin se talent is ’n inspirasie vir alle jong sjefs in Suid-Afrika.

Stroom nou #KokkedoorVuurVlam op DStv Stream!