Logo
Plaasjapie
web uni tv guide

Plaasjapie

144RealiteitPG13 L

‘n Skaap is ‘n wonderlike ding

Nuus
21 Julie 2022
Wie sou kon raai dat skape so kleurryke geskiedenis het?
Image 2

In die tweede episode van Plaasjapie moes die twee spanne, Noubees en Soetmelksvlei, skape in ‘n kraal in jaag.

 

Kyk hier hoe Cecil en Laurika met dié taak gesukkel het:

 

Hier volg ‘n paar vreemde, maar wonderlike, feite oor dié gewilde plaasdier.

 

  • In antieke Egipte was skape as heilig beskou en het argeoloë al gemummifiseerde skape ontdek.

© Getty Images

  • Skape se wol word al vanaf 3 500 BC gebruik om artikels mee te maak.

© Getty Images

  • 4 Amerikaanse presidente het ook al met skape geboer: George Washington, Thomas Jefferson, James Madison én Woodrow Wilson.
  • Volwasse skape het 32 tande.
  • Skape is ongelooflik slim en het ‘n geheue van ongeveer 2 jaar én hulle kan omtrent 50 gesigte memoriseer.
  • Daar is 1000 verskillende rasse van skape.

© Getty Images

  • As ‘n skaap se wol nie geskeer word nie, sal die skaap se hare net aanhou en aanhou groei.

© Getty Images

  • Lanolien, ‘n byproduk van skaapwol word gebruik om lipstiek, maskara en sjampoe mee te maak.

© Getty Images

  • Skaapmelk is gesonder as bok en koei-melk.

© Getty Images

 

Skakel elke Donderdagaand om 20:00 in op kykNET, kanaal 144 om te sien watter uitdaging die Plaasjapie-deelnemers gaan moet baasraak om die koring van die kaf te skei. Gesels saam op Facebook, Twitter én Instagram deur die hutsmerk, #Plaasjapie te gebruik.