Logo
Nataniël. Erik. Wolf.
web uni tv guide

Nataniël. Erik. Wolf.

144LeefstylPG

Multichoice wen groot by die SAFTAs

Nuus
04 September 2022
Die Multichoice Groep spog hierdie jaar met 54 toekennings van die gesogte Suid-Afrikaanse Film- en Televisie Toekennings (SAFTAs).
Saftas Article Image

Die Multichoice Groep spog hierdie jaar met 54 toekennings van die gesogte Suid-Afrikaanse Film- en Televisie Toekennings (SAFTAs). Hiermee het Multichoice weereens bewys dat die maatskappy Afrika se mees geliefde storievertellers is, met ‘n onblusbare aptyt vir plaaslike stories. 

DiepCity, Tali’s Baby Diary en Glasshouse was die drie groot wenners van die 16de SAFTA-toekennings en het elkeen 5 pryse gewen.

Multichoice se stroomdiens Showmax het 17 toekennings ingepalm insluitende Beste TV komedie (Tali’s Baby Diary), Beste televisie dokumentêr (Devilsdorp) asook Beste televisiefilm (Boxing Day). Tali’s Baby Diary en Glasshouse het elkeen 5 toekennings ontvang terwyl DAM en die telenovella The Wife elkeen 2 pryse gewen het. 

Die kykNET-kanale se visie om gehalte Afrikaanse inhoud te skep is beloon met 12 toekennings. Die geliefde Kaapse sepie Suidooster is aangewys as die Beste Suid-Afrikaanse sepie. Die komedie G.I.L. en die drama 4 Mure het albei 3 toekennings ontvang waarvan 4 Mure bekroon is as die beste TV Drama van die afgelope jaar. Tydens Vrydagaand se geleentheid waar toekennings vir diegene wat agter die skerms werk toegeken is, het Binnelanders, Broer Toer en Nêrens Noord-Kaap die pryse in hul onderskeie kategorië ontvang. Die ontslape Shaleen Surtie Richards het die prys vir Beste vroulike byspeler ontvang vir haar rol in die kykNET&kie telenovela Arendslvei.

Reyka, ‘n ko-produksie tussen M-Net en Freemantle was ook ‘n gunsteling onder beoordelaars en het 4 toekennings gewen. Die reeks het in Junie verlede jaar die Monte Carlo Internasionale Filmfees geopen. Legacy se skryfspan is beloon met ‘n toekening terwyl Carte Blanche weer uitgeblink het in die aktuele kategorie met ‘n toekenning vir die insetsel Beitbridge Border Post.

DiepCity van Mzansi Magic het die kykerskeuse vir Beste telenovella ingepalm. Ander Mzansi reekse wat erkenning ontvang het sluit in Ehostela en Umkhokha. Thembisa Mdoda het ook weggestap met die ander kykerskeuseprys as Beste aanbieder vir Old Mutual Amazing Voice terwyl The Rivier hierdie jaar die prys vir Beste prestasie vir oorspronklike musiek ontvang het. Hierdie pryse onderskraag die kanaal en hul vervaardigers se toewyding tot kwaliteit vermaak.

Hierdie toekennings wat deur ons passievolle storievertellers ontvang is, demonstreer hoe noodsaaklik ons belegging in plaaslike inhoud sowel as plaaslike skeppers is. Die omvang en verskeidenheid van MultiChoice se inhoud, oor sy verskeie platforms, akkommodeer en maak voorsiening vir Afrika in al sy diversiteit. Hierdie pryse behoort nie aan ons nie, maar aan die plaaslike televisie -en filmbedryf waarin ons voortdurend belê, sê Yolisa Phale, Uitvoerende hoof  van vermaak en stroomdienste vir die Multichoice groep.

Multichoice erken elkeen van die akteurs, aanbieders en produksiespanne wat kwaliteit vermaak vervaardig ten spyte van die uitdagings van die afgelope paar jaar. Hierdie toekennings word aan julle opgedra, dankie aan die skeppers en denkers wat bydra tot ons bedryf en ons samelewing se vooruitgang. 

Hier is Multichoice se 16de SAFTA-toekenning wenners:

1.         Beste vroulike byspeler - TV Komedie: Kate Normington (Tali's Baby Diary)

2.         Beste Aktrise - TV komedie:  Julia Anastasopoulos (Tali's Baby Diary)

3.         Beste Prestasie in regie - TV komedie: Ari Kruger en Daniel Zimbler (Tali's Baby Diary)

4.         Beste Prestasie in redigering - TV komedie: Richard Starkey and Gordon Midgley (Tali's Baby Diary)

5.         Beste TV komedie: Tali's Baby Diary (Sketchbook Studios)

6.         Beste Prestasie vir Grimering en haarstilering - Rolprent: Glasshouse (Annie Butler)

7.         Beste Prestasie vir Kostuumontwerp - Rolprent: Glasshouse (Catherine Mcintosh)

8.         Beste Prestasie vir Redigering - Rolprent: Glasshouse (Rowan Jackson)

9.         Beste Prestasie vir Produksieontwerp - Rolprent: Glasshouse (Kerry Von Lillienveld)

10.       Beste Prestasie in Kinematografie - Rolprent: Glasshouse (Justus De Jager)

11.       Beste Prestasie in Kunsregie (Art direction) TV - Drama: Sue Steele (Dam)

12.       Beste Vroulike Byspeler - TV Drama:  Natasha Loring (Dam)

13.       Beste akteur - Telenovela: Bonko Khoza (The Wife)

14.       Beste manlike byspeler - Telenovela: Abdul Khoza (The Wife)

15.       Beste televisie-dokumentêr: Devilsdorp (Idea Candy)

16.       Beste televisiefilm: Boxing Day (Black Brain Pictures)

17.       Beste Prestasie in kinematografie - TV komedie: Fahema Hendricks (Troukoors)

18.       Beste vrouelike byspeler - Telenovela: Shaleen Surtie-Richards (Arendsvlei)

19.       Beste TV Sepie: Suidooster (Suidooster Films)

20.       Beste Prestasie in Regie - Rolprent:  Barakat (Amy Jephta)

21.       Beste manlike byspeler - TV komedie: G.I.L (Frank Opperman)

22.       Beste Prestasie in Garderobe - TV komedie: G.I.L (Cassandra Rowland)

23.       Beste Prestasie in kunsregie - TV komedie: G.I.L (Beatrix Van Zyl)

24.       Beste Prestasie in Grimering en haarstilering – TV drama: Minke Swart (4 Mure)

25.       Beste Prestasie in Garderobe - TV Drama: Mariechen Vosloo (4 Mure)

26.       Beste TV Drama: 4 Mure (Marche Media)

27.       Beste Prestasie in redigering - TV Drama: Regardt Botha, Markus Van Schalkwyk and Eva Du Preez (Nêrens Noord-Kaap)

28.       Beste Prestasie in Regie - TV Sepie: Binnelanders (Danie Joubert)

29.       Beste Leefstylprogram: Die Broer Toer (Marche Media)

30.       Beste Prestasie in Regie - TV sepie: DiepCity (Mandla Ngcongwane, Manqoba Mathunjwa, Thandokazi Msumza and Mamohato Askew)      

31.       Beste Prestasie in Kunsregie - TV Sepie/Telenovela: DiepCity (Noluthando Lobese)

32.       Beste Prestasie vir Grimering en haarstilering - TV sepie/telenovela: DiepCity (Refentse Munyai)

33.       Beste Prestasie Kunsregie - TV sepie/telenovela: DiepCity (Noluthando Lobese)

34.       Kykerskeuse Gewildste sepie/telenovela: DiepCity

35.       Beste Akteur TV Drama: Thobani Dlomo Nzuza (eHostela)

36.       Beste Prestasie in klank TV drama: Joel "Juelz" Mahlatjie (eHostela)

37.       Beste Prestasie in Oorspronklike musiek en klankbaan TV Drama:  Zithulele Khwela (Umkhokha)

38.       Kykerskeuse: Beste TV-aanbieder: Thembisa Mdoda-Nxumalo – Old Mutual Amazing Voices

39.       Beste Prestasie in Oorspronklike musiek en klankbaan: The River (Brendan Jury)

40.       Beste Aktrise - TV Drama: Kim Engelbrecht (Reyka)

41.       Beste Prestasie in Kinematografie - TV Drama: Reyka (Tom Marais)

42.       Beste Prestasie Draaiboek - TV Drama: Reyka (Rohan Dickson)

43.       Beste Prestasie in Regie - TV Drama: Reyka (Catharine Cooke and Zwelesizwe Ntuli)

44.       Beste Prestasie Draaiboek - Telenovela: Legacy (Gwydion Beynon and Phathutshedzo Makwarela)

45.       Beste Aktuele-program/Insetsel: Beitbridge Border Post (Combined Artists) Carte Blanche

46.       Beste Feitlike program: Die staat teen (VIA)

47.       Beste aktrise - Telenovela: Nthati Moshesh (Isono)

48.       Beste Geskiedenis en Omgewingsprogram: Unholy Alliance (Earth Touch)

49.       Beste Gestruktureerde sepie of realiteitsprogram: The Unexpected - DJ Zinhle (Brightfire Pictures)

50.       Beste Docu-Reality: Ghosted Africa: Love Gone Missing (Idea Collective)

51.       Beste Prestasie in klankontwerp – Rolprent: Fried Barry (Ebenhaezer Smal (Haezer), Keagan Higgins, Rob Brinkworth and Gustav Stutterheim)

52.       Beste Prestasie in oorspronklike musiek/klankbaan – Rolprent: Fried Barry (Ebenhaezer Smal (Haezer))

53.       Beste Akteur - Rolprent: Jafta Mamabolo (Freedom)

54.       Beste Draaiboek - Rolprent:  Freedom (Jafta Mamabolo)