Logo
Die brug S1 Slim BB

Marna se reis – Die brug

Nuus
24 November 2023
Marna se tyd op “Die brug” het tot ’n einde gekom.
Die brug Marna

Dié speler het van die begin af gewys dat ouderdom werklik net ’n nommer is. Ten spuite van haar ouderdom is Marna goed met swem, hardloop en fietsry. Sy het egter nie die geleenthede gehad om ten volle te wys wat sy kan doen nie.



Dit het Marna na lank gevat om deel te word van strategiese planne nie en sy het vroeg ’n alliansie gevorm met Geo, Robert, Tina en Iana. Sy het egter koppe gestamp met Avril en die voormalige leier het ook geglo dat Marna die “swakste” speler is in die groep.



Ongelukkig het die nuwe speler, Jacques, moontlik dieselfde gevoel toe hy die besluit neem om vir Marna huis toe te stuur.

Marna was duidelik geskok toe haar naam genoem is en dit was ’n swaar oomblik toe sy loop sonder om te groet. Sy het egter na die tyd die “wit olifant” aangespreek en genoem dat sy nie oog kontak wou maak nie omdat sy in trane sou uitbars en “ugly cry” op nasionale TV.

Hier is wat Marna te sê gehad het oor die ervaring:



Volg al die drama elke Donderdag om 20:00 en gesels saam deur die hutsmerk #DieBrug op  FacebookXInstagram en TikTok te gebruik.