Logo

kykNET-sepies benoem vir gesogte toekennings

Nuus
03 Maart 2015
Ons is baie opgewonde oor kykNET se twee sepies wat verskeie nominasies in twee afsonderlike toekenningsgeleenthede ontvang het.

Ons is baie opgewonde oor kykNET se twee sepies wat verskeie nominasies in twee afsonderlike toekenningsgeleenthede ontvang het.

Binnelanders se SAFTA-nominasies 


'n Rits Binnelanders-akteurs is benoem vir 'n 2015 SAFTA-toekenning.

Desiré Gardner (Daleen) en Brümilda van Rensburg (Jana) is beide benoem in die kategorie, Beste Aktrise in 'n Sepie, terwyl Quanita Adams (Zadie) genomineer is in die kategorie Beste Ondersteunende Aktrise in 'n Sepie. Paul Luckhoff (Oom Wimpie) is genomineer in die kategorie Beste Ondersteunende Akteur in 'n Sepie, terwyl Binnelanders een van die drie genomineerdes is in die kategorie Beste Sepie.
Die harde werk wat gedoen is in die Draaiboekafdeling, die Kunsdepartement, en die Kostuumdepartement is ook vereer met 'n nominasie, terwyl die Kinematografie ook 'n nominasie ontvang het.

Die SAFTAs vereer jaarliks die beste in SA film- en TV-talent. Die wenners sal op die 20ste en 22ste Maart tydens twee geleenthede aangekondig word by Gallagher Estate in Midrand.

*Skakel weeksaande om 19:30 in vir Binnelanders en gesels saam op Facebook. 

*Lees hier watter kykNET-programme het ook genomineer vir 'n SAFTA-toekenning.

Stem vir Villa Rosa in die Royal Soapie Awards


Villa Rosa het die volgende nominasies gekry. Baie geluk!

Gewildste sepie: Villa Rosa

Beste skurk: André Lotter as Liam le Roux

Beste feeks: Theresé Benadé as Astid Wentzel

Beste ondersteunende aktrise: Dorette Potgieter as Wanda Viljoen

As jy elke aand vasgenael voor die TV sit om te sien wat volgende gebeur in Villa Rosa, moet jy beslis stem om te help dat die sepie wen. Versprei ook die boodskap aan al jou vriende en familie wat ook aanhangers is van die sepie.

SMS om te stem:

Gewildste sepie: Villa Rosa (SMS 'H' na 49442)

Beste skurk: André Lotter as Liam le Roux (SMS C-1 na 49441).

Beste feeks: Theresé Benadé as Astid Wentzel (SMS D-4 na 49441).

Beste ondersteunende aktrise: Dorette Potgieter as Wanda Viljoen (SMS F-1 na 49441).

*SMS'e kos R1.50 en jy mag net 10 keer van een selfoonnommer af SMS.

*Stemlyne sluit 20 Maart.