Die bekende sanger Kurt Darren en sy vrou, Dunay van Heerden, het op 4 Oktober 2016 hul tweede pienkvoet verwelkom – “’n pragtige babaseun!”
Kurt het dié goeie nuus Dinsdagoggend op sy sosiale media-blaaie gedeel en gesê dat hy trots is op sy “brawe vrou”.
In die inskrywing het Kurt uitgewys dat sy klein pienkvoet gesond is: “3.58 kg en 51 lank, so geseënd.”
Kurt en sy vrou, Dunay, is op 8 Januarie 2011 getroud en het hul eersteling verwelkom op 10 November 2014.
Hy het vroeër die jaar verskyn op die gewilde kykNET-musiekprogram Jukebox, aangebied deur Pieter Koen, en met homself gespot deur te sê dat hy soos ’n sekere Hollywood-aktrise lyk. Kyk die video hier.