Logo

Koekedoor Episode 2: Bak vir ontbyt

Nuus
20 Maart 2015
Vanaf dié week is daar drie uitdagings om te bemeeter: tuis-, fyn- en pronkgebak. Om ál drie baas te raak sit nie in elke bakker se voorskoot nie, en só gaan die krummels van die koekies geskei word.
a

Vanaf dié week is daar drie uitdagings om te bemeeter: tuis-, fyn- en pronkgebak. Om ál drie baas te raak sit nie in elke bakker se voorskoot nie, en só gaan die krummels van die koekies geskei word.

“Ek hoop ek is ’n koek en nie ’n krummel nie,” sê Valerie. Die tema is “bak vir ontbyt”, en die tuisgebak-uitdaging is om soetbrood te bak.

“Ons is eier-en-boerewors-mense,” sê Mareli oor haar familie. “Ons eet nie koek vir ontbyt nie.”

Sy maak ’n piesangbrood en rooster haar piesangs in die oond om dit “ryp” te kry. Gerda se neutbrood, of “troosbroodjie”, is haar ouma se resep. Valerie se skoonma, Poppie (“Dis nou nie Poppie van Kokkedoor nie, maar Poppie van Boksburg.”), hou baie van dadels en dít het haar laat besluit om ’n dadelbrood te bak. Sy maak ook ’n karamelsous.

Martjie maak ’n appel- en amandelbroodjie.

Sy ma het daarvan gehou om soggens pampoenbrood te bak, vertel Gerrit. Hy maak ’n botterskorsie-teebroodjie, sommerso uit die geheue.

*Lees meer op die Koekedoor webwerf.

*Koekedoor op Facebook.

*Koekedoor op Twitter.