Logo

Jou naweek spyskaart – 12 November 2021

Nuus
12 November 2021
Loer nét hier vir lekker resepte vanuit jou gunsteling kykNET-programme vir 'n heerlike naweek spyskaart.
Spyskaart 12 Nov

Verlede week het Jan Braai ons geneem op 'n Indiese-reis met sy Tandoori gebraai.
Hy het lamstjops en hoenderstukke voorberei in 'n tandoor.

Loer hier na ander resepte vanuit Jan Braai vir Erfenis.

Dit was snoektyd in Wanderlus.
Nicole het 'n heerlike Weskus Snoek oopgevlek op die kole gebraai.

Terwyl Hennie minder tradisioneel, 'n Snoekkopsop en Snoekkuite en -lewer opgedis het.

Verlede week in Net Koffie het Henriëtte gesorg vir 'n Sondagmaal-boud, met haar Rooibokboud.

Maandag in Terwyl ek wag het Nataniël happies voorberei vir iemand wat aan die gang bly:
Werkerstoebroodjie

En energiestafies

Verder het hy ook 'n vars somer Radysslaai opgedis

Loer hier na nóg inspirasie vanuit die kykNET-kombuis.