Logo

Jou koek kan van jou 'n ster maak by die Woordfees

Nuus
25 Februarie 2015
Ons is baie opgewonde oor die eerste Koekedoor demonstrasie by Woordfees! As jy hou van bak en meer wil weet van die nuutste bak trends moet jy nie kans misloop om Koekedoor beoordelaar Mari-Louis Guy en haar broer Callie in aksie te sien nie.
IMG_7505

Ons is baie opgewonde oor die eerste Koekedoor demonstrasie by Woordfees!

As jy hou van bak en meer wil weet van die nuutste bak neigings moet jy nie die kans misloop om Koekedoor beoordelaar Mari-Louis Guy en haar broer Callie in aksie te sien nie.

*Lees hier meer oor Koekedoor.

Mari-Louis Guy is internasionaal bekend as kos stilis-koek-ontwerper-en skrywer. Sy en haar broer Callie besit die toonaangewende CakeBread in Kaapstad. Saam het die twee al 'n reeks boeke gepubliseer oa Markdag, Koeke ter viering van liefde en lewe - wenner van die World Gourmand Best Dessert Book South Africa asook nog 'n World Gourmand pryswenner - Onthaal op groot skaal.

Daar sal heelwat voorbeelde van al die nuutste gebak wees om aan te smul terwyl jy die energieke duo in aksie beleef.

Wanneer: Saterdag 14 Maart - US Woordfees in Stellenbosch
Waar: Die Kaya
Tyd: 12:00

Kaartjies: R50. Koop jou kaartjies by Computicket.