Logo

Jou koek kan van jou ’n ster maak by die Woordfees

Nuus
10 Maart 2015
Mari-Louis-Profiel-300x200

Ons is baie opgewonde oor die eerste Koekedoor-demonstrasie by die US Woordfees in Stellenbosch!

As jy hou van bak en meer oor die jongste tendense in die bakwêreld wil weet, moenie die kans misloop om Koekedoor-beoordelaar Mari-Louis Guy en haar broer, Callie Maritz, in aksie te sien nie.

Mari-Louis is internasionaal bekend as kosstilis, koek-ontwerper en skrywer. Sy en Callie besit ’n toonaangewende koekboetiek, Cakebread, in Kaapstad. Saam het dié twee al ’n paar boeke gepubliseer, soos Markdag, Koeke ter viering van liefde en lewe – wenner van die Gourmand World-prys vir die beste nageregboek in Suid-Afrika – en Onthaal op groot skaal – nóg ’n Gourmand World-pryswenner.

Daar sal heelwat voorbeelde van al die nuutste gebak wees om aan te smul, terwyl jy die energieke duo in aksie kan beleef.

Wanneer: Saterdag 14 Maart, US Woordfees in Stellenbosch
Waar: Die Kaya
Tyd: 12:00
Koste: R50

Bespreek jou kaartjie hier.