Logo

Joost van der Westhuizen-fliek binnekort in teaters

Nuus
14 Augustus 2015
Glory Game: The Joost van der Westhuizen Story begin op 21 Augustus 2015 in teaters draai.
Joost 01

Hy was die goue seun van Suid-Afrikaanse rugby, maar sy wêreld is geruk toe hy in 2011 gehoor het hy het motorneuronsiekte (MNS). Dié siekte takel die lyer af; jy het geen beheer oor jou spiere nie, en dit kan nie genees word nie. Almal wat Joost egter ken, ken dié voormalige Springbok se veggees. Joost veg vir oorlewing, maar dis vir hom ewe belangrik om ’n verskil te maak in mense se lewens wat aan dieselfde siekte ly.



Glory Game: The Joost van der Westhuizen Story vertel die verhaal van ’n held wat deur sy eie kwesbaarheid gekonfronteer word.

Joost moes hoor hy gaan nie sy 42ste verjaardag sien nie. Nie net het hy dié dag gevier nie, maar oorsee gereis met sy J9-stigting (wat MNS-leiers ondersteun) om meer te wete te kom van studies oor die siekte.

Jy vra, “Hoekom ek?”, maar dis heel eenvoudig, “Hoekom nié ek nie?” sê Joost.



Glory Game: The Joost van der Westhuizen Story begin op 21 Augustus 2015 in teaters draai.

Regisseur: Odette Schwegler
Vervaardigers: Odette Schwegler, Joost van der Westhuizen
Met: Franco Booysens, Liam Schwegler, Christian Schwegler, Riley Schwegler, Jarod Smith, Donovon Lottering, Richard Pinkey

[caption id="attachment_163183" align="alignleft" width="886"] SAMSUNG CSC[/caption]