Emo Adams is nou nie meer net ’n sanger, komediant en TV-aanbieder nie, maar ook ’n pa. Emo en sy verloofde, Michelle Gildenhuys se seuntjie, Kadar Zayn, is vandag gebore. Hy het omstreeks 17:30 aangekondig dat hy en Michelle se eersteling gebore is.
“We Officially Welcome Our Son KADAR ZAYN ADAMS To This World In This Holy Month”, (sic) het Adams getwiet.
Sy seuntjie se naam het vir hom spesiale betekenis. Emo het in Julie dié foto op sy Facebook-blad gedeel, en gesê dis vir hom en Michelle ’n groot eer om oorle Zayn Adams se naam by hul seuntjie s’n te inkorporeer. Hy en Michelle hou albei van die naam Kadar, het hy gesê.
Die paartjie het deur die loop van Michelle se swangerskap foto’s op sosiale media gedeel. Emo het gister dié foto van Michelle op Instagram gedeel en gesê: “Dís hoe Mev. Adams lyk op 40 weke.”
Emo het Michelle in Januarie die ja-woord gevra. Die fotograaf Nelis Engelbrecht het ’n voorsmakie van die paartjie se verlowingsfoto’s op Youtube gedeel.
Emo Adams tree op 19 September by SuperSkouspel op.