Logo
Kokkedoor Vuur & Vlam
web uni tv guide

Kokkedoor: Vuur en Vlam

144Realiteit13 L

Drie waarhede en ‘n leuen – Kokkedoor Vuur & Vlam

Nuus
10 Oktober 2023
Hoe goed ken jy die Kokkedoor Vuur & Vlam-deelnemers? Speel saam en vind uit!
Kokkedoor Vuur & Vlam top-3 spanne

Watter musiek dans elkeen van die Top-drie spanne van Kokkedoor Vuur & Vlam graag op, en wie is die grootste Abba-aanhanger? Sal jy kan raai wie is erg oor biltong met geel vet, en wie se gunsteling drankie is Amasi? 

Raai-raai, watter een van die volgende is leuen, en watter is die waarheid (slegs een van die vier is ‘n leuen):

Kevin

  1. Ek is mal oor Abba se treffer “Chiquita”.
  2. Jy sal my altyd hoor “Whoppa” sê.
  3. My gunsteling boek is “The perks of being a wallflower.”
  4. My liefde van kos kom van Engeland en Thailand – kos het my gekies.

Cindy

  1. Ek is ‘n groot Spoegwolf-aanhanger!
  2. My gunsteling aanhaling is “Alea iacta est.” Dis Latyns vir die dobbelstene van die lewe is klaar gegooi. Hou op stres oor wat jy nie kan beheer nie! Dit is op my arm getatoeëer om my te herinner om op te hou stres oor nonsens!
  3. My gunsteling boek is alle werke van Prof. Ken Albala en CJ Langenhoven.
  4. Ek kan nie genoeg kry van biltong met lekker dik geel vet nie!

Karen

  1. Ek is ‘n groot aanhanger van musiek uit die 80s.
  2. Die aanhaling wat ‘n groot indruk op my gemaak kom uit "SAAM" deur Errieda du Toit: “Niemand kook of bak ooit alleen nie.”
  3. Ek kan nie genoeg kry van kaas – in enige vorm – nie!
  4. My gunsteling boek is “Salt Fat Acid Heat”.

Joubert

  1. Ek is mal Country-musiek; hou niks van hard rock nie.
  2. Die aanhaling wat ‘n groot indruk op my gemaak is “be the change you want to see in others.”
  3. Ek kan nie genoeg kry van geelvet biltong nie.
  4. My vreemde talent is dat ek kitaar en ukulele kan speel.

Nataan

  1. Ek is ‘n groot aanhanger van Hip-Hop musiek.
  2. Jy sal my altyd hoor “awe” sê.
  3. Ek kan nie genoeg kry van “movies” kyk nie.
  4. Na ‘n lang dag kry jy my in ‘n warm bad met ‘n glas wyn, en lekker agtergrond musiek. Daarna smul ek aan ‘n smaaklike bord kos en ‘n paar episodes van my favourite series op Netflix.

Gert

  1. My vreemde talent is dat ek met eiers juggle – drie daarvan!
  2. Ek kan nie genoeg kry van Marie biscuits nie – ek kan 'n hele pakkie self opeet.
  3. My gunsteling boek is boeke oor die Eerste- en Tweede Wêreldoorlog. 
  4. My liefde vir kosmaak kom beslis van my ma af!

Klik hier om die antwoorde te sien.

Maak seker jy skakel in vir "Kokkedoor Vuur & Vlam" op Donderdae om 20:00 of stroom die episodes op DStv Stream.