Logo
Kokkedoor Vuur & Vlam
web uni tv guide

Kokkedoor: Vuur en Vlam

144Realiteit13 L

Antwoorde: Drie waarhede en ‘n leuen – Kokkedoor Vuur & Vlam

Nuus
10 Oktober 2023
Kyk hoe het jy gevaar in die “raai raai” speletjie van jou kennis op Kokkedoor Vuur & Vlam deelnemers.

Die leuen is in vetskrif. Hoe het jy gevaar?

Kevin

  1. Ek is mal oor Abba se treffer “Chiquutita”.
  2. Jy sal my altyd hoor “Whoppa” sê.
  3. My gunsteling boek is “The perks of being a wallflower.”
  4. My liefde van kos kom van Engeland en Thailand – kos het my gekies.

Cindy

  1. Ek is ‘n groot Spoegwolf aanhanger!
  2. My gunsteling aanhaling is “Alea iacta est.” Dis Latyns vir die dobbeelstene van die lewe is klaar gegooi. Hou op stres oor wat jy nie kan beheer nie! Dit is op my arm getatoeëer om my te herinner om op te hou stres oor nonsens!
  3. My gunsteling boek is alle werke van Prof. Ken Albala en CJ Langenhoven.
  4. Ek kan nie genoeg kry van biltong met lekker dik geel vet!

Karen

  1. Ek is ‘n groot aanhanger van musiek uit die 80s.
  2. Die aanhaling wat ‘n groot indruk op my gemaak kom uit "SAAM" deur Errieda du Toit: “Niemand kook of bak ooit alleen nie.”
  3. Ek kan nie genoeg kry van kaas – in enige vorm!
  4. My gunsteling boek is “Salt Fat Acid Heat”.

Joubert

  1. Ek is mal Country musiek, hou niks van hard rock nie.
  2. Die aanhaling wat ‘n groot indruk op my gemaak is “be the change you want to see in others.”
  3. Ek kan nie genoeg kry van geelvet biltong.
  4. My vreemde talent is ek speel kitaar en ukulele.

Nataan

  1. Ek is ‘n groot aanhanger van Hip Hop musiek.
  2. Jy sal my altyd hoor “awe” sê.
  3. Ek kan nie genoeg kry van “movies” kyk.
  4. Na ‘n lang dag kry jy my in ‘n warm bad met ‘n glas wyn, en lekker agtergrond musiek. Daarna smul ek aan ‘n smaaklike bord kos en ‘n paar episodes van my favourite series op Netflix.

Gert

  1. My vreemde talent is dat ek met eiers juggle – drie daarvan!
  2. Ek kan nie genoeg kry van Marie biscuits nie – ek kan 'n hele pakkie self opeet.
  3. My gunsteling boek is enige boeke oor die Eerste- en Tweede Wêreldoorlog. 
  4. My liefde vir kos maak kom beslis van my ma af!

Maak seker jy skakel in vir die twee laaste episode van "Kokkedoor Vuur & Vlam" op Donderdae om 20:00 of stroom die episodes op DStv Stream.