Logo
Plaasjapie
web uni tv guide

Plaasjapie

144RealiteitPG13 L

Drama, drama en nóg drama! – Plaasjapie

Nuus
16 Oktober 2022
Die Plaasjapie-finaliste was by die bekendstelling gewees van "Die Real Housewives van Pretoria" en kykNET-digitaal het eksklusief hulle eerste indrukke gekry.
Plaasjapie RHOPTA Article Image Impressions

Leo-nene, Stefan, Dian en Esteban het die swierige affêre bygewoon by die luukse Monte de Dios in Pretoria en ons kan net indink hoe anderste die “event” vir hulle moes gewees het as die plaaslewe wat hulle moes baasraak tydens Plaasjapie.

Op die vraag oor hoekom kykers mal sal wees oor die eerste Afrikaanse-weergawe van die internasionale franchise, “Real Housewives”, was die antwoord: “Bring nog drama!”

Alhoewel Plaasjapie en Die Real Housewives van Pretoria hemelsbreed van mekaar verskil, kan daar met veiligheid gesê word dat Dian, Stefan, Leo-nene en Esteban elke Donderdagaand om 20:00 ingeskakel gaan wees op kykNET, kanaal 144 om die nuutste huisvrou-drama te aanskou.

Kyk dié video vir die eksklusiewe geselsie met die Plaasjapie-finaliste:

Plaasjapie se volledige eerste seisoen is nou beskikbaar om te stroom op die DStv-app. Gesels saam op sosiale media deur die hutsmerk, #Plaasjapie te gebruik op Facebook, Twitter en Instagram, maar onthou ook om in te skakel vir Die Real Housewives van Pretoria Donderdae om 20:00 en om die hutsmerk, #RHOPTA te gebruik om saam te gesels op kykNET se sosiale media.