Logo

Die Woordfees: Sterlopers in konsert

Nuus
18 Maart 2015
kykNET en die Woordfees het aan gelukkige skoliere van verskeie skole die geleentheid gebied om Sterlopers se fantastiese produksie by die Woordfees te sien.
STL 1

kykNET en die Woordfees het aan gelukkige skoliere van verskeie skole die geleentheid gebied om Sterlopers se fantastiese produksie by die Woordfees te sien.

Sterlopers in konsert, was ‘n musiekavontuur uit die gewilde kykNET televisiereeks. Brad (Marno van der Merwe), Isabel (Suzzi Swanepoel) en Alexia (Marlee van der Merwe) het gewilde treffers soos ‘Ligjare’ en ‘Liplangs’, lewendig op die verhoog , met ‘n 'live band', uitgevoer.

Die skoliere wat die geleentheid bygewoon het, kon hulle opgewondenheid selde in toom hou. Dit was wonderlik om te sien hoe die jong skare hulself in die storie op die planke verloor. Kommentaar is plek plek in die rigting van karakters geskree en dit was teken van die wonderlike gees van meelewing wat die produksie uit die jong skare gebring het.

Die talentvolle Sterlopers het die skare stil gesing. Marno van der Merwe het omtrent die knieë van jong kykers lam gemaak, terwyl Suzzie Swannepoel en Marlee van der Merwe se tweestryd, die atmosfeer elektries gelaai het.

Wat ‘n ongelooflike geleentheid om jong siele aan so ‘n wonderlike produksie bloot te kan stel.

Hier is ‘n paar fotos wat op die aand geneem is.

34 stl 1
34 stl 2
34 stl 4
34 stl 5
34 stl 6
34 stl 7
34 stl 8
34 stl 10


34 stl 16
34 stl 18
34 stl 19
34 stl 20
34 stl 22
34 stl 23
34 stl21