kyknet channel logo

Skakel Oujaarsaand op kykNET in vir Die Krone konsert 2023

Nuus04 Desember 2023
Krone is ‘n moewiese saamsingjol met die doel om van die geraas daar buite vir drie ure te vergeet. Maak seker jy skakel in vir ‘n onvergeetlike aand!
Krone 2023 article image

Dans die nuwe jaar in met Die Krone konsert 2023 wat op Sondag 31 Desember 20:00 op kykNET (DStv-kanaal 144) uitgesaai word!

Op 19 Augustus 2023 het 35 000 Afrikaanse musiekaanhangers bymekaar gekom op Loftus Versveld, Pretoria, vir die Krone-konsert wat vir die eerste keer in ‘n stadion plaasgevind het. 

Met ‘n 360-grade verhoog wat reg in die middel van die stadion opgerig was, kon Krone-aanhangers die saamsingjol van elke hoek en kant beleef met top gehalte klank, beligting en spesiale effekte wat hoër as die stadion dak uitgeskiet het.

Hier’s waarna kykers kan uitsien:

·      Treffers van die 60’s tot 2023 wat jou kliphard sal laat sing en dans.

·      Van Suid-Afrika se grootste sterre, soos Appel, Barto, Bernice West, Brendan Peyper, Christia Visser, Dirk van der Westhuizen, Elandré, Elizma Theron, Eloff, Jan Jan Jan, Juan Boucher, Juanita du Plessis, Kurt Darren, Leah, Liezel           Pieters, Nicholis Louw, Prop, Reën, Refentse, Ricus Nel en Snotkop. 

·      ‘n Huldeblyk aan Rina Hugo vir haar lewensbydrae tot die Afrikaanse musiekbedryf waar kunstenaars van haar grootste treffers gaan sing met haar teenwoordigheid op die verhoog. 

·      Die Krone-kunstenaars wat saam met die gehoor aan wyle Theuns Jordaan met sy trefferlied ‘Soos Bloed’ hulde bring.

Krone is ‘n moewiese saamsingjol met die doel om van die geraas daar buite vir drie ure te vergeet. Maak seker jy skakel in vir ‘n onvergeetlike aand! 

* Die Krone konsert 2023 word Sondag 31 Desember om 20:00 op kykNET (DStv-kanaal 144) en Maandag 1 Januarie om 19:00 op kykNET NOU! (DStv-kanaal 145) uitgesaai.