Logo
Kwarantyn 1600x160 Slim Homepage (2)

Dag 5: Hoekom jy die deelnemers op Instagram moet volg – Kwarantyn

Nuus
14 Junie 2020
Het Braam se bier alkohol in gehad? Wat gaan agter die skerms aan? Is daar gebeure wat die kameras nie vang nie? Wel op Instagram deel #SpanScheepers en #SpanleRoux selfs meer.
Social Fb Cover 1200x630 2 Families

As jy dink die 24-uur opwipkanaal vir #Kwarantyn wys jou alles – jy sal nie glo dat daar nóg meer inhoud uit die huise kom nie.

Elke lid van #SpanScheepers en #SpanLeRoux probeer ook mense op Instagram werf om hulle te volg. Hier is vyf redes hoekom jy hier ook moet loer!

  1. BRAAM SE BIER

Raai wat – hy het toe net 0.0%-bier gedrink, so Braam hou nog volspoed op die waterkar.

  1. AUSTIN SE SELFIES

Met sy wangbene waarop jy carpaccio kan sny, is Austin natuurlik een van die deelnemers wat voor die kameras tuur – en sy plasings is altyd so positief.

  1. PAJAMA PARTYTJIES

Hop op Instagram om snaakse insigte te kry, soos toe Lisa by die gang af hop in haar hasie-kostuum.

  1. BOK VIR SPORTS

Gedink Adriaan is ‘n man vir rys, vleis en rugby? Hy het vanoggend sy gunsteling sportsoort gedeel, het jy dit dalk gemis?

  1. KOS QUEEN

Jade was so trots op hulle mooi macaroni-en-kaas, sy het dié mooi oomblik gedeel, en jy sien sommer hoe straal sy elke keer wanneer hulle iets kon suksesvol aanpak.

Teen na die #Koskenades-uitdaging op Dag 5 het #SpanLeRoux amper 20 000 mense wat hulle op hul unieke #Kwarantyn Instagram-blaaie volg. Maar die Scheepers is kort op hul hakke met die 15 000 mylpaal in hul visier.

Hier is al die Kwarantyn-deelnemers se Instagram-blaaie om jou gunsteling deelnemers wil volg.

Onthou om saam met ons #Kwarantyn te kyk op DStv-kanaal 149 om die wel en weë van #SpanLeRoux en #SpanScheepers te beleef. Weeksaande saai daar om 17:30 ’n verkorte weergawe uit op kykNET, kanaal 144 en dan Woensdae om 20:00 die groot hoogtepunt-episode om 20:00.