kyknet channel logo

Stella soek ’n stem – #StellaStemme

Nuus
16 Februarie 2022
Het jy ’n stem wat mense regop laat sit en luister? Dan is dit nou jou kans om met daardie talent van jou te woeker!
Stella Kompetisie – Stella Stemme

kykNET se immergeliefde Stella vat weer die pad, maar hierdie keer is sy nie op soek na kykNET se grootste aanhanger nie, maar iemand met ’n stem goed genoeg vir kykNET om te gebruik. Die wenner van die kompetisie wen ’n kontrak ter waarde van R50 000 om stemwerk vir kykNET te doen.

Hoe werk dit?
Hier is ’n stap-vir-stap-verduideliking:

  1. Stuur die boodskap “Stella Stemme” per WhatsApp na 063 511 8409.
  2. Jy sal ’n verwelkomingsboodskap ontvang en gevra word om die volgende besonderhede te stuur:
  • naam
  • van
  • e-pos adres
  • selfoonnommer
  1. Jy sal dan instruksies gegee word en gevra word vir watter program jy ’n stemopname wil maak. Die programme is:

  1. Die aftelling sal begin en jy kan jou stemopname maak. Daar is ’n visuele gids wat dit vir jou maklik sal maak om jou stem met die video te sinkroniseer.
  2. Sodra die opname eindig, sal jy die opname kan hersien en stuur of dit weer doen. Jy kan soveel jy wil oefen tot jy tevrede is en jou inskrywing stuur.
  3. Jy sal ’n boodskap kry om te bevestig jou inskrywing is ontvang. Jy sal ook ’n skakel kry na jou video wat jy dan op Facebook en/of Instragram met die hutsmerk #StellaStemme kan deel.

Daar is egter ook kans om jou opname te maak by drie geleenthede in Pretoria, Bloemfontein en Kaapstad wanneer Stella en ’n span by Menlyn Mall (12 en 13 Maart), Loch Logan (19 en 20 Maart) en Canal Walk (26 en 27 Maart) ’n stalletjie gaan hê om inskrywings te werf.