Logo

Boer Soek ’n Vrou: ’n Blywende indruk

Nuus
08 Desember 2016
Eerste indrukke is belangrik, en dít verg fyntrap – of hoe? Ons het met die boere en dames voor die familiebraai gesels.
BSV 9 Ep 8 Blywende Indruk
Eerste indrukke is belangrik, en dít verg fyntrap – of hoe? Ons het met die boere en dames voor die familiebraai gesels.

“Kyk maar eers hoe is hulle,” is Chantelle se raad. Sy sal verder iemand aanraai om te dink voor hulle praat, en nie net onsin uit te blaker nie.

Jy wil tog ’n blywende indruk maak, of hoe?

Jenny meen dís hoe sy ouers haar gaan onthou, so sy dink dis belangrik om “oop en eerlik” te wees wanneer jy iemand se ouers vir die eerste keer ontmoet.

Chanté, Marna en Elizbé dink ook jy moet net jouself wees. “Hulle hou jou dop en sien wat jy doen,” sê Elizbé.

Elizna stem: “Ek is wat ek is.”

Jacobu dink jy moet eers die water toets wanneer jy sy ouers ontmoet, maar dit beteken nie jy moet níé jouself wees nie. Dalk is dit beter om bietjie vir bietjie meer van jouself te wys.

Maureen sê Rob was tot dusver ’n bachelor wie se ma die belangrikste vrou in sy lewe is. Dié posisie moet met omgee en respek behandel word, sê sy.

Danielle dink dis gaaf om byvoorbeeld sy ma te help met kosmaak – om só ’n goeie indruk te skep.



Maar het die vroue rede om bekommerd te wees? Skoonma en -pa is seker tog nie moeilike mense nie?

Hennie se pa het altyd ’n grappie of twee, en sy ma is net vol liefde, sê die boer. “Ons is gemaklike mense. Ons gee nie voor nie.”

Rob se ma hou gewoonlik maar haar opinie vir haarself, sê die boer.

Arno sê sy ouers is spontane mense met “geen filter op hul monde nie”.

Sy ma is ’n sagte mens wat erg bekommerd is oor die feit dat ’n meisie huis toe gestuur moet word.

Leon-Fritz het ’n eksentrieke ma en ’n kalm pa. “Dit gaan interessant wees,” sê die boer. Kyk die volledige onderhoud hier.

Volg saam met ons die boere in hul soeke na liefde op die kassie, ons webblad en sosiale media!

Boer Soek ’n Vrou is Donderdae om 20:30 op die kassie.


Herhalings word Vrydae om 13:30, Sondae om 10:00 en 21:30, Maandae om 10:30, Woensdae om 11:00 en Donderdae om 09:30 uitgesaai.