Logo

‘n Goeie indruk – Boer soek ‘n vrou

Nuus
24 Maart 2022
Daar is niks meer stresvol as om jou spesiale persoon se ouers te ontmoet nie!
Indrukke Artikel Image

Maak só ‘n goeie eerste indruk:

  • Dit is belangrik om die ouers vriendelik en beleefd te groet – ‘n ‘Hallo Oom’ of ‘Hallo Tannie’ en ‘n handdruk of drukkie kan baie ver gaan om jou persoon se ouers te beïndruk.
  • Asseblief en dankie – hierdie twee woorde is goud werd.
  • Knoop ‘n geselsie aan oor iets waarvan haar ouers hou – selfs al weet jy nie veel van die onderwerp af nie.
  • Bied aan om te help in die kombuis of dra die skinkbord na die sitkamer toe.
  • Behandel almal met respek en wees vriendelik met almal – van die troeteldier tot die ouma of oupa.

Jy kan ook ‘n goeie indruk maak deur op datum te bly met Boer soek ‘n vrou deur Donderdae om 20:00 in te skakel op kykNET, kanaal 144 of om die episode later te stroom op die DStv-app of op Showmax.