Die boere en dames is dit eens: “Ek is lief vir jou” moenie te vinnig gesê óf sommer rondgegooi word nie.
Vir Niel kom dit neer op instink. Loraine voel weer jy moet iemand baie goed ken, terwyl Monja dink ’n mens kan nogal vinnig lief word vir iemand.
Derius meen ’n mens moet baie versigtig wees. “Mens verwar baie maklik verlief wees met lief wees,” sê hy. “Jou hart moet reg wees.”
Ninke sluit by haar boer aan wanneer sy sê: “Jy moet redelik seker wees.”
’n Mens gaan nie maklik vir Ignus die “L-bom” hoor gooi nie. Hy spot: “Ek is net lief vir my ma en my hondjie.”
Dan word hy meer ernstig: Dit gaan ’n baie spesiale vrou moet wees.
“Dit kom met tyd,” sê Marli. ’n Mens kan nie nóú al lief wees vir ’n boer nie, meen sy. Volgens Janli is daar nie ’n “standaard-tydperk” nie. “Julle maak die reëls.”
PJ sê dit kan nie aan ’n tyd gekoppel word nie. “Jy moet die persoon ken,” sê dié boer, en haar werklik waardeer en liefhê voor jy dit vir haar sê. Luzaan sê: “Dis ’n gevoel.”
Vir Christiaan moet die woorde met betekenis gelaai wees. Volgens hom sal ’n mens weet wanneer dit die regte tyd is.
Eslia meen dit hang van die persoon af, terwyl Simoné dink die man moet die eerste een wees om dit vir sy maat te sê.
Kyk na die volledige gesprekke hieronder:
Kyk Boer Soek ’n Vrou, Donderdae om 20:30 op kykNET.