Logo

Boer Soek ’n Vrou: Hoe beïndruk jy iemand?

Nuus
11 November 2016
Hoe beïndruk jy iemand, en wat beïndruk ons boere? Ons het met hulle agter die skerms gesels.
BSV 9 Ep4 Beindruk

Hoe beïndruk jy iemand, en wat beïndruk ons boere? Ons het met hulle agter die skerms gesels.

In hierdie week se episode van Boer Soek ’n Vrou moes die boere besluit watter drie vroue hulle saam plaas toe wil nooi – ’n besluit wat vir ’n paar van hulle beslis nie maklik gekom het nie.

Johannes sê ’n vrou sal hom beïndruk deur net haarself te wees. “Ek hou nie daarvan as mense voorgee om iemand te wees wat hulle nie is nie.”

Spontaniteit en ’n goeie sin vir humor trek Arno se aandag.

“As ek baie moeite moet doen om iemand te beïndruk, dan is sy nie die regte girl vir my nie,” is Rob se mening.

Leon-Fritz dink weer ’n vrou moet “gelukkig met haarself wees”. Dié boer sê sy gaan altyd “vir iets meer soek” as sy nie gemaklik is met wie en wat sy is nie. “As jy nie 100% tevrede is met wie jy is nie, dan gaan niemand jou gelukkig kan maak nie.”

Hennie meen ’n “smile maak die wêreld ’n beter plek.” Baie dinge begin met ’n glimlag, sê die boer.

Kyk die volledige video hier onder:



Volg saam met ons die boere in hul soeke na liefde op die kassie, ons webblad en sosiale media!

Boer Soek ’n Vrou is Donderdae om 20:30 op die kassie.


Herhalings word Vrydae om 13:30, Sondae om 10:00 en 21:30, Maandae om 10:30, Woensdae om 11:00 en Donderdae om 09:30 uitgesaai.