Logo

Bykosse om skoonma te beïndruk – Boer soek ‘n vrou 14

Nuus
01 Maart 2022
Dié disse sal almal laat smul!
1

Die boere se families ontmoet vandeesweek in Boer soek ‘n vrou die twee oorblywende pasmaats op elke plaas.

Die vraag is net of die braai ‘n sukses gaan wees?

Gaan die liefdesvure ook brand soos die braaivleisvure?

Ons het ‘n paar resepte gaan soek wat beslis sal verseker dat jóú braai ‘n sukses sal wees.

Hier is ‘n paar disse wat almal by jou braai sal beïndruk:

Fillet A La King

Dié dis beloof om alle ‘karnivore’ baie gelukkig te maak!

Gebakte vis met lemoen-gemmersous

Vis is altyd net so goeie opsie as ‘n lekker stuk fillet of kruisskyf nie op die spyskaart kan wees nie.

Pampoenpoffers

Almal hou van ‘n pampoenpoffer! Veral met daardie heerlike soet stropie. Dit is so lekker dat dit (amper!) nagereg kan wees...

Piesangbrood

Dié treffergebak het ons deur inperking gehelp en dit sal beslis ook jou toekomstige skoonma beïndruk as sy weet dat jy lekker kan bak!

Skakel elke Donderdag om 20:00 in vir ‘n nuwe episode van Boer soek ‘n vrou op kykNET, kanaal 144 om te sien hoe die liefde vorder op elke plaas. Gesels ook saam op Facebook, Twitter en Instagram deur die hutsmerk, #BoerSoeknVrou te gebruik.