Logo

Boer Soek ’n Vrou: ‘Een groot familie’

Nuus
15 Desember 2016
“Almal ken mekaar”. Ons gesels met die boere oor hul omgewing en nabygeleë dorpe.
BSV 9 Ep9 Dorpe

“Almal ken mekaar”. Ons gesels met die boere oor hul omgewing en nabygeleë dorpe:

Hennie kan nie homself op enige ander plek as Willowmore sien nie. “Ons is een groot familie,” sê hy oor die gemeenskap waarin hy betrokke is. “Almal is net hulself,” sê die boer, wat beteken daar is nie ruimte vir voorgee nie. “Die nodige is hierso.”

Die naaste groterige dorp aan Arno-hulle se plaas is Newcastle. Dié boer sal egter net na dié dorp gaan wanneer dit regtig noodsaaklik is om te gaan. “Ek is baie liewer vir die Vrystaat. Ek lewe eintlik meer daai kant toe.”

In Robertson, waar Johannes boer, ken almal mekaar, sê die boer. Dít kan óf goed óf sleg wees, sê hy, “maar dis lekker persoonlik”.

Boonop is die mense vriendelik en bied die omliggende wynplase iets om te doen oor naweke.

Leon-Fritz-hulle boer tussen Roedtan en Marble Hall. Hy sê Roedtan is waar jy kerk toe gaan en Marble Hall is waar jy kruideniersware gaan koop.

Rob is naby Knysna, maar baie van die plaas-dinge word in George afgehandel. Hy het wel meer vriende in Knysna. Sedgefield is “lekker naby as jy iets vinnig nodig het”.



Volg saam met ons die boere in hul soeke na liefde op die kassie, ons webblad en sosiale media!

Boer Soek ’n Vrou is Donderdae om 20:30 op die kassie.


Herhalings word Vrydae om 13:30, Sondae om 10:00 en 21:30, Maandae om 10:30, Woensdae om 11:00 en Donderdae om 09:30 uitgesaai.