Logo

Boer Soek ’n Vrou: Uiteindelik, die top-vyf!

Nuus
28 Oktober 2016
In vandeesweek se episode van Boer Soek ’n Vrou het ons gehoor watter vyf boere se possakke vol genoeg is om voort te gaan met die proses.
BSV Top5 2016

In vandeesweek se episode van Boer Soek ’n Vrou het ons gehoor watter vyf boere se possakke vol genoeg is om voort te gaan met die proses.

Arno, Rob, Johannes en Hennie het sakke en sakke vol briewe en geskenke ontvang, terwyl Leon-Fritz die meeste uit die tien boere ontvang het.

Vir Cornè, Johan, Erhard, Pieter en Wessel het dinge darem nie heeltemal tot ’n einde geloop nie. Hierdie vyf boere het hope briewe van belangstellendes om deur te werk, en ons gaan tydens die reünie weer met hulle opvang om te hoor of hulle liefde tussen die briewe kon vind.

Hoe werk dinge nou met die top-vyf? Die vyf boere wat die meeste briewe ontvang het, kies nou tien vroue wat hulle volgende week in Kaapstad tydens blitsafsprake gaan ontmoet. Dít klink dalk na pret, maar daar is ernstige besluite om geneem te word – elke boer wil nie net liefde vind nie, maar is op soek na ’n lewenslange pasmaat; iemand om die plaas en lewe mee te deel.

Skakel Donderdag om 20:30 in om te sien hoe die blitsafsprake afloop. Terwyl jy wag, hier is meer oor elk van die top-vyf boere:

Arno

34 bsv 2016 topvyf arno


Arno (26), ’n liefdevolle boer van Newcastle, geniet die vryheid wat boerdery hom bied om sy eie besluite te neem. Sy raad vir verhoudings is: “Praat, praat, praat. Respekteer mekaar genoeg. Lag baie saam.”

Hennie

34 bsv 2016 topvyf hennie


Hennie (26) is ’n veeboer van Willowmore en op soek na ’n “partner in crime”. Hy hou van ’n vrou wat weet wie sy is en wat sy in die lewe wil hê. “Sy moet weet geluk begin by haarself,” sê hy.

Johannes

34 bsv 2016 topvyf johannes


Johannes (27) van Robertson boer met wyn en vrugte. Sy ideale maat is iemand “wat die uitdagings van die boerdery begryp en ondersteun, maar haar eie drome volg.”

Leon-Fritz

34 bsv 2016 topvyf leonfritz


Leon-Fritz (29) het ’n gemengde boerdery in die Roedtan-omgewing in Limpopo. Dié boer is op soek na ’n selfstandige maat met selfvertroue en selfrespek. “Sy moet hou van lag!” sê hy. “Goeie beginsels, waardes en ’n verhouding met die Here is vir my belangrik.”

Rob

34 bsv 2016 topvyf rob


Rob (39) kom van Knysna. Dié melkboer is op soek na iemand met hope positiewe energie en ’n goeie sin vir humor. Hy het vyf jaar lank in Johannesburg gewoon, waar hy geroei het. Rob beskryf homself as betroubaar en eerlik. “Ek is vasbeslote wanneer dit nodig is.”

Volg saam met ons die boere in hul soeke na liefde op die kassie, ons webblad en sosiale media!

Boer Soek ’n Vrou is Donderdae om 20:30 op die kassie.

Herhalings word Vrydae om 13:30, Sondae om 10:00 en 21:30, Maandae om 10:30, Woensdae om 11:00 en Donderdae om 09:30 uitgesaai.