Logo
Hartklop slim bb
web uni tv guide

Hartklop

144Drama16 L

Boer David en die dokter – Hartklop

Nuus
03 Oktober 2023
Louw lyk op die oog af soos ’n brombeer wat alles kry wat hy wil hê, maar daar is ook ’n ander kant; ’n kant wat veral in die laaste paar episodes van "Hartklop" uitgekom het ...
David Louw Hartklop ep 12 article image

David Louw is in Vrede in die Vrystaat gebore, maar sy karakter in Hartklop, Dr. Louwrens van Onselen, het maar min vrede in sy lewe. 

Kykers het David reeds in 2004 in Villa Rosa leer ken en in Getroud met rugby was hy Simon vir byna 400 episodes. Dr. Louwrens van Onselen was ’n nommerpas-karakter vir David – die aantreklike dokter wat ’n skelm verhouding met ’n getroude verpleegsuster, Anke Dempsey (Christel van den Bergh) het en op die koop toe ’n jong dokter, Dr. Karima Salie (Carla Classen) swanger maak en met haar trou. Louwrens lyk op die oog af soos ’n brombeer wat alles kry wat hy wil hê, maar daar is ook ’n ander kant; ’n kant wat veral in die laaste paar episodes van Hartklop uitgekom het ...

In die werklike lewe is David en Christel getroud en ouers van twee seuns, Daniel en Laudo. Verlede jaar het hulle die groot stap geneem om Johannesburg se stadsliggies te verruil vir die plaaslewe in die Noord-Vrystaat waar David onder meer met vee boer. 

Wat was die grootste uitdaging van die karakter Dr. Louwrens van Onselen? 

Die grootste uitdaging vir my was om nie die karakter te oordeel nie. Ek het nie altyd saamgestem met die goed wat hy gedoen het nie. 

Hartklop het ’n groot en talentvolle rolverdeling. Wanneer jy terugkyk, wat het jy die meeste geleer? 

Elke keer wat jy op ’n stel kom, leer jy iets – groot of klein. 

Wat was jou persoonlike hoogtepunt van Hartklop

Om die finale produk te sien. Dit was totale spanwerk en almal moes hulle alles gee. Om deel van dit alles te kon wees, is vir my ’n hoogtepunt. 

Wat is jou planne vir die res van die jaar? 

Die jaar is amper verby, die beeste is amper klaar gekalf en ons maak nou reg om te begin plant. Ons het ook nog ’n paar vertonings van Trou is nie perdekoop nie, ’n toneelstuk wat ek geskryf het en waarin ek en Christel speel. 

 Hartklop word Dinsdae 20:00 op kykNET (DStv-kanaal 144) uitgesaai. Dit is ook op DStv Stream beskikbaar.