Karen Zoid is terug met ’n derde seisoen van die gewilde Republiek van Zoid Afrika, vanaf 7 Januarie elke Donderdag om 20:30, met Sandra Prinsloo en Snotkop as haar eerste gaste vir 2016.
Zoid het die hele land aan die gons gehad met niks minder nie as 10 nommereen-treffers op iTunes gedurende die uitsending van die vorige reeks. Die CD met al die musiek uit die reeks het binne 5 weke na uitsending goud gegaan.
Nou maak almal reg vir nuwe episodes met sterbelaaide gaste, fantastiese musiek en nog ’n rits treffers. Gaste sluit in onder andere Emsie Schoeman, Suzelle DYI, Adv. Thuli Madonsela, Jan Blohm, Marius Weyers, Claire Johnston, Carike Keuzenkamp, Rolene Strauss, Koos Kombuis en Juanita du Plessis.
Die spitsvondige Annemari Ferreira doen weer ’n paar baie spesiale insetsels met haar “Boereraat vir Bands”. In ander nuus kry die gewilde panfluitsensasie Marinda Senekal, van Holriete-faam, haar eie mini-werklikheidsprogram (Keeping up with Marinda). Ontmoet haar ma, Muisie Senekal, wat ook haar bestuurder is, asook haar effe af suster, Mielie Senekal, wie Karlien van Jaarsveld se grootste fan is en in die geheim besig is om ’n plaat van haar eie te maak.
Donderdae gaan nooit weer dieselfde wees nie! Kyk na die video hier onder: