Logo
Suidooster TX change Slim BB
web uni tv guide

Suidooster

144Drama13

2021 bring nuwe drama na jou gunsteling sepies…

Nuus
29 Desember 2020
Dit mag dalk die jaar 2021 wees, maar dit beteken allermins dat daar rus en vrede in die wêrelde van die gewilde kykNET-sepies is nie.
Januarie Sepiehoogtepunte Article Image

Getroud met rugby

Reitz ontmoet Amanda se eks-man.

Lulu het haar bedenkinge oor die swangerskap en Simon en Renate is bekommerd oor haar. Renate neem ook ’n besluit oor haar en Simon.

Pine en Kristien bevestig wie agter Bart se skietery sit.

Schalk ontvang vreemde oproepe en dink hy sien vir Jana. Mieke kom kuier vir hom wanneer dinge regtig sleg begin gaan met hom.

Candice se ma word uit die rehabilitasiesentrum ontslaan en saai, weer, onmin tussen Liam en Candice.

Amanda en Renate vind uit van Kristien se nuwe kêrel, en Bart is jaloers wanneer hy ook uitvind.

Maryke ontmoet vir JJ.

Wynand ontvang skokkende nuus, en Bart maak vir Renate ’n interessante aanbod.

 

Suidooster

Dis 'n nuwe jaar en daarmee saam kom nuwe avonture, soos Bridgette en die maatskappy wat groot planne maak om uit te brei, maar dit is makliker gesê as gedaan, veral nadat Nazeem almal in Ruiterbosch bewus maak van die Jacobse se geldgierigheid. Nazeem besef egter gou dat Bridgette nie gekeer kan word nie en sy klein winkeltjie se dae is al meer getel. Arme Lee-Ann, wat aan beide Nazeem en Bridgette se kant probeer wees, se reputasie as wyksraadslid kry 'n hou weg oor haar aandeel in die nuwe ontwikkeling wat baie mense hul werk gaan kos. Suidooster Eiendomme slaan wel 'n nuwe blaadjie om met 'n nuwe naam en Nazeem kry snuf in die neus oor hoeveel van Bridgette-hulle se rykdom kom hom toe.

Verder is Danni onseker oor hoe om haar liewe Siya by te staan in wat blyk sy uur van nood te wees, maar sy het nie 'n idee watse tipe demone hy mee stoei en baklei nie. Sy praat uit die huis en dit maak Siya kwaad want hoe meer mense weet van sy gedrag, hoe meer vrae is daar en hy kan nie laat iemand uitvind van wat hy gedoen het in die hospitaal nie. En om seker te maak hy hou kop bo water, begin hy staat te maak op 'n drankie of twee. Chris kom met 'n plan om Siya se spore dood te vee, maar wanneer Siya en Danni in 'n ongeluk kom, raak dit al moeiliker om sy dade weg te steek…

Ty se Kersfeesgeskenk lei moontlik tot 'n groot skeur tussen hulle en hulle uitkyk-antie wanneer Wade 'n besigheidsidee kry wat nie juis baie wettig is nie. Intussen maak Ty gereed om pa te word…

 

Binnelanders

Die nuwe jaar bring splinternuwe avonture vir die geliefde personeel van Binneland Kliniek - maar nie alle nuwe paaie word met ope arms verwelkom nie. 

Tertius kry die skok van sy lewe wanneer hy die nuutste toevoeging tot die familie ontmoet wanneer Gabriella Toerien en hy mekaar by Koos en Wendy se woning raak loop. Tertius het in 2020 uitgevind dat sy pa, Koos, vir meer as twintig jaar al 'n verhouding het met Wendy - en dat hulle 'n dogter saam het. Tertius se halfsuster is nie op haar mond geval nie, en kort voor lank moet Tertius al die toutjies trek wat hy kan om te verseker dat Gabriella nie 'n permanente doring in sy vlees word nie. 

Bronwyn Abrahams is ook weer terug in Pretoria wanneer sy vroeër as wat enigeen verwag by Lexi kom kuier. Maar hoe lyk dit dan asof Bronwyn soort van semi-permanent nesskop by Lexi haar dogter? En die ongemaklike geselsies met haar eks, Steve? Is dit 'n poging om hul liefde weer 'n tweede kans te gee (of is dit nou die derde)? Elana gan duidelik 'n dikker vel moet groei rondom haar kêrel se eks, of sy gaan iets omtrent hierdie saak moet doen voor dit heeltemal handuit ruk. 

Tracy Smit beland in 'n wêreld van moeiilkheid wanneer haar eks-kêrel, en die pa van haar kind Kayla, sy verskyning maak en probeer om haar lewe nog meer ingewikkeld te maak as wat dit reeds is. Maar Phillip werk nie alleen nie! Tracy gaan moet kophou, want in die middel van die maand is daar 'n lyk in 'n huis - en sy is die polisie se nommer een verdagte. As sy maar net kan onthou wat gebeur het...

Wie eet nou sy middagete in die lykshuis? Niemand anders as die nuutste aanstelling by Binneland Kliniek, Petrus Botha. Maar Petrus se vreemde maniere is nie die enigste ding wat vir Wimpie dwars in die krop steek nie - vra maar die ander nuwe aanstellings onder die verpleegpersoneel! Karen dink hy is onskadelik, maar die res is nie heeltemal oortuig nie - veral nie wanneer daar 'n wilde storie onder die personeel op Binneland Stereo die rondte doen nie. 

 

Arendsvlei

Dis die begin van die jaar en dinge is glad nie rustiger as 2020 nie! Ons begin sommer met drama tussen die friendship! Beatrice Abrahams is nou terug in die Vlei en reg om weer haar pos as skoolhoof oor te neem by Ronel Martin-Cupido. Maar Ronel staan nie so maklik terug nie. Sy het besluit om langer aan te bly as skoolhoof en nou is dit oorlog tussen die besties. Wie sal die nuwe hoof wees noudat Beatie terug is?

Petra Meintjies is nog lank nie klaar met haar streke nie. Terwyl sy nou eindelik haar seks-werkswinkels gemaklik by die skool aanbied, vind Hein Venter uit. En almal weet Petra en Hein kom glad nie oor die weg nie. Hein is nie beïndruk met Petra wat die skoolsaal gebruik nie en sy smeek hom om niks te sê. As hy nie wil hoor nie, neem Petra drastiese stappe om hom te keer. Gaan Ronel uitvind?

Daniel Lafras en Saartjie Petersen neem eindelik hul langverwagte verhouding na die volgende stap. Maar dinge is van korte duur as Daniel vir Angelique Galant ontmoet. Hulle voel dadelik aangetrokke tot mekaar, maar gaan Saartjie toelaat dat Daniel haar los? 

Moet nie vergeet om elke weeksaand in te skakel vir Getroud met rugby, Suidooster Binnelanders en Arendsvlei nie.