Logo

Spoegwolf - Geel (Official)

Video
27 November

© Spoegwolf (PTY) LTD, 2017 Original Song by Danie Du Toit Original Music by Spoegwolf Produced by Spoegwolf & Jürgen Von Wechmar Director: Chris von Wielligh Assistant Director: Danie du Toit DOP & Camera Operator: Hugo Brand Editing & Colour Grade: Chris von Wielligh Cast: Spoegwolf Marguerite van Eden Bouwer Bosch Spoegwolf is: Danie du Toit Albert van der Merwe Chris von Wielligh Moskou du Toit Spesiale Dankie aan: Areyeng Rentals, Zootee Studios, Hugo Brand, Bouwer Bosch, Ionia Cherry Farm, Mango Airlines. Ek het jou ontmoet in al daai geel jy’t daai doos by jou gehad ja, die een wat my nagemaak het en ek moes speel oor al my swart die slaaploopdroom wat my rug ophou die ding wat my my lewe lank dophou en nou vir jou bou jou lewe bo my hoog genoeg dat die donker jou nie kry nie Julie kan ek weer begin voor al daai geel? jy't dit als op jou gesit gesê dat ons net uitgedink is en volg jy in al my swart op die wolktrappad wat my wakker hou die ding wat ek my lewe lank dophou maar nou vir jou bou jou lewe bo my hoog genoeg dat die donker jou nie kry nie
Jy sal ook hiervan hou
Spoegwolf - Woud (Official) Image : 17289
Video
Spoegwolf - Woud (Official)
© Spoegwolf (PTY) LTD 2023 Oorspronklike Liedjie deur Danie Du Toit. Oorspronklike Musiek deur Spoegwolf. Die nuwe album, Dryf, beskikbaar op alle digitale platforms. Vervaardig deur Spoegwolf DOP: Damiane van Reenen Live Footage (Kirstenbosch): Damiane van Reenen Live Footage (Loftus Park): Eric T. Graham Live Footage (Mark's Park): Nathan Editing: Damiane van Reenen Colorist: Jarryd du Toit Spoegwolf is Danie du Toit Chris von Wielligh Albert van der Merwe Moskou du Toit Woud: Original Song & Lyrics by Danie Du Toit. Music Written & Arranged by Spoegwolf. Lirieke maak die deur oop sit die lig aan jy's die hitte in hierdie huis bel my broers ook sê ek's veilig ons het te lank op die veld gebly ek was 'n kind in die straatlig daar was zombies in die strate jy was hoog in jou kamer met daai borsel in jou hare nou's ons dertig jaar oud met 'n huis in 'n woud ons stap ons honde waar die son bars ek onthou soms die kind wat gedroom het oor jou en al daai wonde word geheime geheime dwaal aan ons lywe bring jou denim bring jou vlerke ek wil gaan waar die klowe skeur hou die stuurwiel hou my hart ook dalk is om oor te gaan die beste weg deur ek was 'n kind op my bergfiets ons kon vlieg met die stroompies jy't gaan stap in die berge met daai briewe van jou pa-hulle nou's ons dertig jaar oud met 'n huis in 'n woud ons stap ons honde waar die son bars ek onthou soms die kind wat gedroom het oor jou en al daai wonde word geheime geheime dwaal aan ons lywe nou's ons dertig jaar oud met 'n huis in 'n woud ons stap ons honde waar die son bars ek onthou soms die kind wat gedroom het oor jou en al daai wonde word geheime geheime dwaal aan ons lywe aan ons lywe, ooh aan ons lywe, ooh ooh, ooh