Logo

kykNET se mees gehate TV-feekse: Margit, Marion en Rehane - Kassie Kuiers

Video
24 November

Wanneer dit by die skep van gehate TV-feekse kom, slaan kykNET-sepies keer-op-keer die spyker op die kop. Hierdie karakters se doen-en-late sluit alles in van diefstal tot en met die smokkel van dwelms, moord en selfs organe op die swartmark verkoop. En terwyl ons hierdie booswigte met elke spier in ons liggame haat, staan hulle sentraal in ons kykgenot en is hierdie karakters die dryfkrag wat programme soos Binnelanders, Arendsvlei en Suidooster so gewild maak. In die loods-episode van kykNET se Kassie-Kuiers gesels Renaldo Schwarp met Margit Meyer-Rödenbeck, Marion Holm en Rehane Abrahams oor hul booswig-rolle en die proses om ‘n suksesvolle TV-feeks te skep.