Logo

“Daar is nie ’n mooi manier om hierdie stories te vertel nie” – Kassie Kuiers

Video
01 Desember

Storielyne rondom geslagsgeweld is nie ’n nuwe verskynsel nie. Sepies het al oor die jare hierdie euwel uit verskillende invalshoeke ontbloot. Renaldo Schwarp gesels in hierdie episode met Soné Comrinck, uitvoerende vervaardiger van Getroud met Rugby, wat meer uitbrei oor hul onlangse geslagsgeweld storielyn. En Ernusta Maralack, aanbieder van kykNET&kie se Op Seer Se Spoor, gesels ook saam oor haar ervarings met misdaadsake rondom geslagsgeweld.