Logo

Gekookte eiers

Koskonsultant Heleen Meyer het tydens ’n episode van Die GROOT Ontbyt, dié heerlike gereg voorberei vir die kosblik. Die resep is aangepas uit Cooking from the heart 2. Foto: Heleen Meyer

Die Groot Ontbyt
Bestanddele

tamaties in skywe gesny of klein tamaties

kaas in dik skywe gesny

avokado in skyfies gesny

4 snytjies volkoringbrood of rogbrood

slaaibestanddele soos komkommer, wortel, soetrissie, plat-ertjies of groenboontjies

Metode
  1. Plaas eiers met genoeg water in ’n kastrol (bv. die AMC 20 cm Gourmet Low). Verhit oor ’n matige temperatuur tot die water liggies prut en begin dan die kooktyd meet.
  2. Verlaag die temperatuur as dit nodig is en prut met ’n deksel vir die aangeduide hoeveelheid minute, na gelang van hoe hard- of saggekook jy die eiergeel verkies. Die water moenie te vinnig kook, dat die eiers op die bodem van die kastrol bons nie.
  3. Kook vir 2-3 minute vir loperige gele, 6-7 minute vir sagte eiergele en 8-10 minute vir ferm eiergele. Onthou dat die grootte van die eiers die kooktyd effens kan beïnvloed.
  4. Skep die eiers dadelik uit en plaas vir ’n paar minute in ’n bakkie met koue water om die kookproses te stop of sit dadelik voor. Kraak selfs die dop liggies as die eiers heeltemal hardgekook is en afgedop gaan word. Dit sal help dat die eiers nie verkleur as dit heeltemal moet afkoel nie.
  5. Sit die eiers voor met enige bestanddele van jou keuse of pak dit in ’n kosblik. Sien die voorstelle om die verskillende stadiums van gekookte eiers voor te sit, in die blog hierbo.
EVN2-Ep4-Piekniekbroodjie-1
Die Groot Ontbyt Poster 924x1360
2018-02-06

Pasta-oondgereg met hoender en brokkoli