Logo

Eier-pizza met maalvleis

15 Oktober

4 – 6 porsies

Italiaans

548512

Dié ontbyt, soos voorberei deur koskonsultant Heleen Meyer in Die GROOT Ontbyt, is aangepas uit Cooking from the heart 1. Foto: Heleen Meyer

DGO-Eier-pizza
Bestanddele

6 ekstra-groot Nulaid-eiers

sout en peper na smaak

10 ml olyfolie of avokado-olie

18-20 tiemietakkies

1 k maalvleis gaar

50 g cheddarkaas gerasper

tiemietakkies vir garnering

Metode

1. Verhit ’n braaipan oor ’n matige temperatuur.

2. Klits die eiers saam en geur na smaak.

3. Skink die olie in die warm pan en giet die eiermengsel bo-oor. Strooi helfte van die tiemie oor die eier. Laat die eier begin stol, sonder om dit te roer, en lig dan die gaar eier al om die kante met ’n eierspaan, sodat die rou eier onder kan inloop. So vorm ’n soliede eierlaag wat die basis van die ‘pizza’ vorm.

4. Verlaag die hitte en sit die deksel op. Laat dit vir ’n paar minute gaar stoom, maar moenie dat die eier te gaar of rubberig word nie.

5. Skep die warm maalvleis bo-op die gaar eier en versprei dit eweredig met ’n lepel.

6. Sprinkel die kaas bo-oor die maalvleis, verwyder van die hitte en plaas die deksel op. Laat dit vir ’n paar minute staan, sodat die kaas kan smelt.

7. Sny die eier in wiggies, soos ’n pizza, en garneer met die orige vars tiemietakkies.

8. Sit voor met ’n slaai van slaaiblare, liggies gestoomde broccoli, rou knopiesampioene, repies pikantrissies in dik skywe gesny en ’n skeut suurlemoensap en olyfolie.

Wenke:

1. Moenie water by die eiermengsel gooi nie, dit sal verhoed dat die eierlaag stewig genoeg is om die bolaag te ondersteun.

2. Enige ander vulsel kan op die basis gesit word. Die wit cheddar kan met ’n ander kaassoort vervang word.

DGO-Omelette
Die Groot Ontbyt Poster 924x1360
2018-10-08

Omelette met groente en kruie