Logo
web uni tv guide

Winslyn

144FinansiesPG13

Winslyn: Drukmedia in ’n aanlyn era

Nuus
16 September 2015
Dié week was Jo van Eeden, nuwe hoofredakteur van Media24 se drie Afrikaanse dagblaaie, in die Winslyn-ateljee. Ons het met haar agter die skerms gesels oor gedrukte media en aanlyn media, en die rol daarvan in nuusverspreiding.
kn_winslyn_eksklusief_jo_van_eeden_900
Dié week was Jo van Eeden, nuwe hoofredakteur van Media24 se drie Afrikaanse dagblaaie, in die Winslyn-ateljee. Ons het met haar agter die skerms gesels oor gedrukte media en aanlyn media, en die rol daarvan in nuusverspreiding.

Van Eeden is sedert 2012 redakteur van Volksblad, en het meer as 20 jaar se joernalistieke ervaring. Volgens haar speel sosiale media ’n belangrike rol in nuus, en het dit die medium geword waardeur nuus versprei word.

“Mense vra wat is die toekoms van gedrukte media, en hulle vra dit omdat hulle toenemend op hul tablette, op hul rekenaars en op hul selfone kyk na nuus,” het sy gesê.

“Die toekoms wat bespreek moet word en die toekoms waarin ons moet belê, is Afrikaanse joernalistiek; dit is nie om in ’n bepaalde platform te belê nie.”

Van Eeden is hoof van Beeld, Die Burger en Volksblad se redaksies. “Ek is in ’n fase waar ek net luister en probeer in voeling kom met die verskillende gehore,” het sy gesê.

Volgens haar is daar spesifieke aspekte waarop sy tans fokus. “Waarop moet ons reageer, wat sê ons lesers, waar moet ons hulle vind, waaroor wil hulle praat om dus opnuut die gesprekke aan die gang te kry by sekere titels en by ander te verstewig.”

Van Eeden het vroeër vanjaar die bekroonde Nieman-erkenningsbeurs by Harvard in Amerika voltooi. Volgens haar vind die nuus jou waar jy ookal is.

“Jy volg spesifieke mense en spesifieke titels, en dis waar jy jou nuus kry. Jou vriende beveel sekere inhoud by jou aan en op grond daarvan het dit ’n bepaalde geloofwaardigheid,” het sy gesê.

“Die uitdaging vir ons by media-instellings is om te wees waar [die leser] is wanneer [die leser] daar is op watter platform ookal.”

Kyk na die volledige gesprek hieronder: