Logo
Die Real Housewives van Pretoria - Season 1. Lottostar Kompetisie - R50 000
web uni tv guide

Die Real Housewives van Pretoria

144Realiteit13 L

Aanlyn kommentaar wat die kykNET digitale span laat giggel het

Nuus
21 Oktober 2022
Kykers van “Die Real Housewives van Pretoria” maak beslis nie van hulle harte 'n moordkuil nie en deel graag ook wat hulle dink van die dames.
RHOPTA kommentaar

Een ding is vir seker: Jy gaan of mal wees oor die reeks Die Real Housewives van Pretoria óf jy gaan in die minderheid wees wat dit haat, maar wat steeds nog op hoogte wil bly daarvan. kykNET se digitale span het deur die hordes (en hordes!) kommentaar van kykers gegaan en gegiggel oor die vele kwinkslae. Hier is 'n paar wat uitgestaan het:

 

1. Sinne wat duidelik sinspeel op 'n Pretoriase aksent​

Die terugvoering op hierdie plasing het ons omtrent laat giggel en dit wys hoe kykers hulself kan vereenselwig met die inhoud van die program. Daar was ook genoem dat dié betrokke kykers omtrent die dames van die reeks geniet.

 

2. Katjie van die baan?

Dié betrokke kyker het op 'n ligsinnige wyse gedeel wat sy dink van die dames se luukse items (en die prys wat daarmee gepaardgaan) teenoor wat sy sal kan bekostig vir 'n handsak – of kar!

 

3. Die dringende versoek om “besties” met Mel en Kiki te wees​

Vele aanhangers het genoem dat hulle graag in Marié se skoene wil wees: Hulle wil ook "geboelie word met botox en blessings" soos wat Marié grappenderwys na Mel en Kiki se pogings om vir haar 'n make-over te gee, verwys het.

 

4. Aanhangers vertel hoekom hulle juis dié reeks geniet​

Terwyl kykers gesels op sosiale media oor wie hulle gunsteling "housewife" van die reeks is, vat hulle ook sommer die "haters" aan wat kla oor die program. Vele het sommer genoem dat mense van kanaal moet verander as hulle 'n probleem het met die reeks. (Siri – speel asb. Shake it off van Taylor Swift)

 

5. Silver Lakes is "die" plek om te woon​

Die gholf landgoed is beslis die "talk of the town" veral omdat meeste van die dames se lewens afspeel in hierdie spesifieke mileu.

 

6. Dié wat getuig dat hulle Marié se mense is​

Marié se aanhangers klink selfs soos sy, en hulle geniet haar sêgoed! Vele het vir Marié aangespoor in die tweede episode toe sy op die skietbaan was.

 

7. Vriendinne wat bymekaar kom en #RHOPTA praat PLUS aanhalings van die dames (Talana se "pew, pew, pew")​

Aanhangers kry lekker met alles wat op die reeks kwytgeraak word en haal graag hulle gunsteling dames aan, insluitend Talana se sê-ding "pew, pew, pew". Dit is ook lekker om te weet dat dié kykstof gedissekteer word by kykers se huise.

 

Laat weet ons wat jou gunsteling one-liner tot dusver was in Die Real Housewives van Pretoria en gesels saam op Facebook, Twitter en Instagram deur die volgende hutsmerke te gebruik: #RHOPTA, #PREToria en #GoedBeterGoedste.