Vat vyf! Dis weer tyd Wie word ’n miljoenêr? op kykNET Die afgelope vier seisoene van kykNET se gewilde speletjiesprogram Wie word ’n miljoenêr? het meegevoerde kykers tuis die antwoorde laat uitskree wanneer deelnemers hul kanse in die opmars na die R1 miljoen-vraag verbrou het. So naby, en tog so ver.