Logo
Spoorloos 1600x160 Slim Homepage

Ontnugtering – Spoorloos 2

Nuus
01 September 2020
[selfstandige naamwoord] – 'n gevoel van teleurstelling as gevolg van die ontdekking dat iets nie so goed is as wat jy geglo het nie.
Untitled design

In episode 7 van Spoorloos maak ons beter kennis met die 'Buffels van Buffelsdrif'. Ons ontmoet Sané, die nuweling onder die hekse wat verseker die ekstra myl sal loop vir 'n ietsie meer ...

Adam se pa, Frans, blyk om kop in een mis met Dr. Geoff te wees na hulle Adam bedwelm het met die hulp van sy vriendin, Christa. Wanneer Christ besef dat die prokureur en die dokter saam konkel, maak sy seker dat hulle nie Adam kan vind nie. Met dié dat Adam op hol is, beraam die buffels 'n plan om finaal van Adam ontslae te raak. 

Yvette staan op uit die dood en keer terug na haar ouma vir skuiling. Adam konfronteer sy pa wat erken dat hy die meesterbrein was agter die heksedans-aande, hy besluit om hom aan te gee by die polisie en gevolgelik word Frans gearresteer. Ons word bewus van Adam en Yvette se verbode liefde sowel as die feit dat Adam, en nie Frans nie, agter die heksedans-aande sit. 

Gallery

Wie is Adam Prinsloo?

Episode 8 het gesorg vir 'n paar antwoorde op vrae wat die vorige episodes na vore gebring het. Yvette se liefde vir Adam is openbaar aan die hele klaskamer, wat Adam kwaad en Yvette vernederd gelaat het. Toe Yvette besluit het om wraak te neem teen Adam en Bettie te verwerf vir die hekse, het Adam sy woede duidelik uitbassyn. Hy het homself onttrek van die heksedans-aande en Yvette het besluit om oor te neem as die onderhandelaar. 

Ons sien dat Bettie wel selfmoor gepleeg het en dat niemand haar vermoor het nie. Wanda blyk om swanger te wees en Sané sterf nadat sy van die kroeg aftuimel tydens 'n privaat danssessie vir die buffels, wat Janine skelm verfilm het. Adam besef dat hy sy pa verkeerdelik beskuldig het en besluit om hom te gaan besoek in die tronk. Hier vind ons meer uit oor hoekom Adam vir Yvette na die matriekafskeid wou neem en hoe Janine in Adam se motor beland het.

Gallery

Wat het daardie aand op die plaasdam dan gebeur?

Onthou om elke Dinsdag om 20:00 in te skakel vir Spoorloos op kykNET, DStv kanaal 144 en volg die feite saam op FacebookTwitter en Instagram deur die hutsmerk #Spoorloos te gebruik.