Logo
Slank S7 Slim BB
web uni tv guide

Slank

144LeefstylPG

Navigeer na gesondheid met jou eie DNS-kaart – Slank 4

Nuus
20 September 2019
Lees meer hier.
My Post

Foto: Adobe Spark

Net soos sateliet-tegnologie ons begrip en uitleg van die wêreld verander het, het DNS-toetsing ook ons begrip van hoe ons liggame aanmekaar gesit is  – en werk – radikaal kom verander. Dit skep vir ons ’n beeld wat onmoontlik van die grond af te siene kan wees.

Dit is deesdae baie maklik om ’n DNS-toets te laat doen en om jou persoonlike genetiese-bloudruk te ontvang. Wees gewaarsku, dat sonder ’n kundige wat saam met jou deur die genetiese verslag en resultate kan deurwerk, en aan jou verduidelik wat om te doen met die nuwe inligting, die inligting maklik verlore kan gaan en jou net frustreer. Toegerus met ’n kaart in die hand, maar sonder werklike begrip van hoe om die kaart te gebruik of te lees kan mens in ’n moeilike situasie beland.

LEES OOK: SUIKER, JOU EUWEL

Vertalers is benodig

Genetika is ’n komplekse taal en dit is belangrik dat dit met jou daaglikse lewenskeuses ingeweef word. Dit is een van die redes hoekom 3X4 Genetics iets uniek en spesiaal aanbied. Ons het een van die wêreld se beste opvoedkundige programme vir gesondheidspraktisyns waar hulle die basis van genetika leer asook hoe om in nutrigenetika te spesialiseer. Ons gegradueerdes vorm ’n netwerk van raadgewende praktisyns.

Die voordeel daarvan om jou genetika te laat toets, is die feit dat jou DNS nooit verander nie; dit is tydloos. Bloedtoetse is ’n fantastiese apparaat om jou vordering te meet aangesien dit ’n tydgebonde blik van die toestand waarin jy jouself op die oomblik vind, bied. Dit kan egter ’n duur oefening raak om hardnekkige raaisels op te los oor waarom jou liggaam nie werk soos jy dit verwag om te werk nie. In een oogopslag kry jy ’n geheelbeeld en ’n verslag wat jy kan saamneem na gesondheids-praktisyne wat kennis dra oor genetika en hierdie spesialis-kennis as deel van hul diagnostiese vaardigheid gebruik.

KYK OOK: LEEFSTYLWENKE MET ELZETTE 

Ons kan die bestemming verander

Wat fassinerend is, is dat jou DNS nie jou lot bepaal nie en voordurend beïnvloed kan word. Een van die grootste deurbrake in medisyne is die ontdekking dat ’n mens jou geen-uitdrukking kan beïnvloed met wat jy eet, drink, doen en selfs dink. Dit word ‘epi-genetika’ (epigenetics) genoem en vorm deel van jou persoonlike gesondheid. Ons kan dus met ons daaglikse keuses ons geen-uitdrukking beïnvloed. Dit is hier waar kundige begeleiding van groot waarde is! 

Die 3X4 verslag help die praktisyn om vinnig en maklik jou metaboliese padweë te identifiseer en nie net enkele gene op hul eie nie. Hoe die gene in wisselwerking met mekaar reageer, is belangrik. Ons padweë bied ’n meer akkurate begrip van hoe spesifieke gene hulself in spesifieke situasies uitdruk, net soos ons verskillend optree afhangende van die situasie waarin ons onsself bevind en die mense om ons.

KYK OOK: LEANDIE DEEL HAAR EETWENKE

’n Geskenk aan jou toekomstige self

Deel van ons genetiese verslag is die tydlose kwaliteit wat vir ons ’n blik gee vir die toekoms. Ons kan vooruit kyk na die waarskynlikhede vir langlewendheid of spesifieke siektes wat verskuil is in jou genetiese kode. Dit beteken dat ons jou kan toerus met ’n meer doelgerigte aksieplan wat kan bydra tot ’n positiewe gesondheids-impak asook ’n voorkomende strategie op jou unieke gesondheidsreis.

Ons wil kos altyd as jou eerste medikasie sien en gebruik. Nutrigenetika en nutrigenomika fokus spesifiek op die interaksie tussen ons gene, die biochemie daarvan en wat ons inneem. Dit verskil natuurlik van mens tot mens, en daarom kan dit meer skade as goed doen deur mode-diëte te volg. Jy kan uiteindelik antwoorde kry op jou jare-lange vrae of bekommernisse!

Kontak ons gerus op WhatsApp (076 224 0760) of direk vir Annelie ([email protected]) en Iné ([email protected]) as jy nou met die ontdekkingsreis wil begin, ongeag van waar jy woon, solank ’n koerier maatskappy jou kan bereik. ’n Uitstekende opgeleide nutrigenetika-praktisyn sal aan jou toegeken word wat jou resultate saam jou, selfs in die gemak van jou eie huis, kan deurwerk.  Konsultasies kan ook aanlyn gedoen word. Begin hier: 3x4genetics.com

Vir meer wenke, skakel in vir Slank 4 vanaf 7 Julie 2019, elke Sondag om 17:30 op DStv-kanaal 144. Gesels saam op FacebookTwitter en Instagram met die hutsmerk #Slank.