Logo
Plaasjapie
web uni tv guide

Plaasjapie

144RealiteitPG13 L

#Plaasjapie_Liovian

Liovian Anderson

Entrepreneur, Paarl

Liovian is met Kirby Anderson getroud en die ma van twee: Kirstin-Jade (15) en Joshua (11).

1. Hoekom het jy vir Plaasjapie ingeskryf?

Ek het ingeskryf vir Plaasjapie om my kinders trots te maak op my, om my beste te gee tydens die program en natuurlik om die R1 miljoen te wen.

My grootste motivering was om aan myself te bewys dat ek in staat is om berge te versit as ek myself die geleentheid gun en ook om my soms as ma, vrou en entrepreneur eerste te stel. Dit kom daarop neer dat ek eers my beker moet vol maak en -hou voordat ek na ander se belange kan omsien.

2. Beskryf jouself

Ek is hardwerkend, lojaal, vriendelik en vol lewe, gedrewe, energiek, Christelik, passievol, lief vir mense en hard op myself.

3. Wat is die sterk punt(e) wat jy na Plaasjapie gebring het? 

My hardwerkende en vriendelike geaardheid, my liefde en omgee vir mense, diere en natuurlik die plaas, is van my sterk punte. Ook dat ek nie maklik mense of omstandighede vertrou nie en dus nie maklik om die bos gelei kan word nie. Dit keer ook dat ek maklik beïnvloed word. Ek swem nie altyd met die stroom nie.

4. Wat beskou jy as jou slegste eienskap?

Ek laat soms toe dat my emosies my oorweldig, en ek is in baie opsigte hard op myself. Ek kom as baie onafhanklik voor, en dit lyk soms of ek nie iemand anders nodig het nie. Dis bloot omdat ek van jongs af onafhanklik moes wees en as ouer suster ’n groot rol in my sibbe se lewe moes speel om my ma as enkelouer by te staan.

Liezle Plaasjapie
Michelle Plaasjapie
Liovian Plaasjapie